Dit is mos nou ‘n lugversorger!

“So, watter aircons het julle? Ek soek iets wat my knaters sal laat saamtrek. Ek wil my bier kan koud maak voor hom……… en my knaters”

Vertel vir jou tjomme:
  • Digg
  • Sphinn
  • del.icio.us
  • Facebook
  • Google Bookmarks
  • Propeller
  • Reddit
  • Slashdot
  • Technorati
  • StumbleUpon
  • laaik.it
  • muti
  • Yahoo! Buzz
  • email
  • FriendFeed
  • Yahoo! Bookmarks

Wanneer ‘Loslit Dag’ te blerrie vêr gaan…..

Moet daar altyd een van die ouens wees? Hy dra nie eers sy bliksemse plakker nie!

Vertel vir jou tjomme:
  • Digg
  • Sphinn
  • del.icio.us
  • Facebook
  • Google Bookmarks
  • Propeller
  • Reddit
  • Slashdot
  • Technorati
  • StumbleUpon
  • laaik.it
  • muti
  • Yahoo! Buzz
  • email
  • FriendFeed
  • Yahoo! Bookmarks

So paar snaakse foto’s

Ek het so paar snaakse foto’s gaan soek, sodat jy nie hoef nie.

Drank is 'n euwel

Mamma, hoekom noem hulle dit skaap, vark en beesvleis?

Google: foto's van my buurvrou se boobs op my buurman se rekenaar

Vertel vir jou tjomme:
  • Digg
  • Sphinn
  • del.icio.us
  • Facebook
  • Google Bookmarks
  • Propeller
  • Reddit
  • Slashdot
  • Technorati
  • StumbleUpon
  • laaik.it
  • muti
  • Yahoo! Buzz
  • email
  • FriendFeed
  • Yahoo! Bookmarks

Is Joost gay?

Sien ons dalk een van die dae sulke advertensies?

Aai tog, ek hoor nou dat daar gerugte is dat Joost gay is. Ek wil dit nie glo nie. Ek sal dit nie glo nie. Die een groot regmerkie wat jy moet maak om gay te wees, is tog sekerlik in die ‘Ek laaik mans’ boksie. Het Joost dan nie in sy bekende en berugte video die teendeel bewys nie?

Julle weet ek is groot op gay-regte. As jy kwaad raak oor hoe ander mense in hulle eie privaatheid seks het, sonder om enigiemand te na te kom, is jy faktap en jy het ernstige ‘issues’. Daar is net sekere goed wat mens met ‘Gay wees’ assosieer, en as Joost gay is, moet ek nou al my veronderstellings oor gay ouens herskryf. En nog ‘n ding – as Joost gay is, dan kan Steve Hofmeyr ook gay wees.

Ek wou ook nie glo dat dit Joost was in ‘daai video’ nie, maar ek is toe verkeerd. So nou het ek, om myself reg te maak vir nog ‘n skok, so ietsie ge-Photoshop om my beter voor te berei. As hy gay is kan Joost blerrie goeie geld maak met ‘n hele nuwe reeks produkte.

Vertel vir jou tjomme:
  • Digg
  • Sphinn
  • del.icio.us
  • Facebook
  • Google Bookmarks
  • Propeller
  • Reddit
  • Slashdot
  • Technorati
  • StumbleUpon
  • laaik.it
  • muti
  • Yahoo! Buzz
  • email
  • FriendFeed
  • Yahoo! Bookmarks

Is jy bang?

Ek voel vandag so bietjie nostalgies. Ek dink dit is omdat ek gister my 5 jarige laaitie die bakkie laat bestuur het terwyl hy op my skoot sit. Dit was ‘n stil grond pad, en hy het gedink hy is soos Superman, maar cooler.

Hoe het dit gebeur dat die generasie wat met bose He-Man mannetjies gespeel het en sonder helmets BMX gery het tot laat in die aand so bliksems bang geword het? Dit was nie dat ek nooit geval het nie, o nee, ek het my moer los geval meer kere as wat ek kan of wil onthou. Ek het geval dat ek rowe oor die hele een kan van my lyf gehad het, en my ma my sommer net in die bad met ‘n klomp Dettol gegooi het want daar was te veel om individueel te behandel.

Ek en my ander standerd 5 tjomme het die bus gevat na Johannesburg se middestad en gaan fliek kyk of ysskaats by die Carlton Centre. Tye het verander, maar onthou dit was ook die jare wat Gert van Rooyen vry rondgeloop het, so dit was ook nie heeltemal sonder risiko nie.

Ek dink gedeelte van die probleem is die media – hulle blaas elke voorval op sodat hulle kan koerante en advertensie-tyd verkoop. Is dit hulle skuld dat ons so honger is vir vreesaanjaende artikels en stories? Ek dink nie so nie. Een van die ander sondebokke is natuurlik mense wat probeer om iets aan jou te verkoop. Hulle skep ‘n mark vir hulle griep inspuitings en huis alarms deur jou te laat glo “jy is volgende”!

As jy regtig belang stel om minder vreesbevange te wees, het ek net die volgende bietjie raad – probeer tog uitvind of die vure van jou vrees aangeblaas word deur mense wat iets het om daaruit te baat of is jou vrees dalk gegrond in werklikheid. Mense is byvoorbeeld bang vir vuurwapens in ‘n huis, maar volgens statistieke is jou kind se kanse 200 keer beter om in jou swembad te verdrink as om in ‘n skiet ongeluk om te kom, nee regtig, die statistiek is aangehaal uit die boek ‘Freakonomics’.

‘n Ander voorbeeld is die vrees vir kar ongelukke. Ek ken twee ouens wat elk al meer as vyf karre afgeskryf het, en nog leef. Hulle is drinkers en miskien is dit net ‘n kwessie van tyd, maar ek het moontlik al meer kilo’s afgelê as hulle albei saam, en nog nie een ongeluk gehad nie. Die punt wat ek probeer maak is, as jy ‘n rustige, wetsgehoorsame bestuurder is, is jou kanse baie skraal om in ‘n ongeluk dood te gaan, want selfs twee dronkgat jaagduiwels het dit nog nie reggekry om hulself van die gras af te maak nie.

Dit is seker dom om ‘n volstruis-mentaliteit oor die lewe te hê, maar ek dink ons is heeltemal te bang vir absolute stront, en daar is gewetenlose mense wat hierdie vrese misbruik, en ons laat dit toe.

Vertel vir jou tjomme:
  • Digg
  • Sphinn
  • del.icio.us
  • Facebook
  • Google Bookmarks
  • Propeller
  • Reddit
  • Slashdot
  • Technorati
  • StumbleUpon
  • laaik.it
  • muti
  • Yahoo! Buzz
  • email
  • FriendFeed
  • Yahoo! Bookmarks