Archive for May, 2008

Fluit fluit uit haar klere uit!

May 23rd, 2008 | Category: Wat vang hulle aan

Ek het nog altyd gedink die ouens wat hooter blaas vir ‘n mooi girl langs die pad, of fluit as sy verbyloop is moerse onnosel. Wat dink hy gaan sy doen? Nader stap en sê “Wow dit is ‘n pragtige fluit/toeter wat jy daar het, kom ons gaan terug na my plek toe” ?.

Ek dink nog steeds hulle is deur die kak maar dit het vir ‘n klomp pervert, grootbek poepholle van New Seeland gewerk! Lees bietjie hier.

Die girl (aantreklike Israeli toeris) trek toe haar klere uit, maak haar OTM transaksie klaar, trek weer aan en weg is sy. Die polisie het haar ingevat kantoor toe en vermaan om dit nie weer te doen nie. Tipies fokken polisieman!

Maar dit wys jou nou net, as jy min misdaad het dan begin jy oor loutere stront soos die worrie! As dit vir jou ‘n probleem is dat mooi meisies hulle klere sommer so op straat uittrek dan het jy mos nie eintlik probleme nie, of hoe?

No comments

Pasop vir jou gemorsposser!

May 22nd, 2008 | Category: Glo jy die kak?

Gert Lombaard, oud-rekenaarkundige van die voormalige regering se gevreesde veiligheidstak en later vryskut rekenaarkundige vir die Boeremag, het nou sy talente begin inspan in die geveg teen gemors e-pos of ‘spam’.

Gert is vrygespreek van enige boos doening tydens die destydse vryheids en versoenings kommissie na dit aan die lig gekom het dat die chaos in die toe-onwettige ANC se kommunikasie sisteem nie as gevolg van sy toedoen was nie maar as gevolg van onkunde. Selfs met sy vryskut werk vir die Boeremag het hy tegnies bedrog gepleeg deur te maak of hy die nuwe demokratiese regering se informasie sisteem moedswillig gesaboteer het. “Nee, daar was beslis niks wat ek kon doen om dit te vererger nie” sê Gert, “Hulle het hom heeltemal self tot op sy knieë gebring”. “Ek het maar heeldag ‘porn’ ge-surf”.

Nou het Gert ‘n nuwe blaadjie omgeslaan en gebruik sy talente om mense wat gemors e-pos aanstuur te kelder. Hy het dit reggekry om met ‘n baie gesofistikeerde metode, wat hy nog wil patenteer, die ‘spammer’ se e-pos adres en soms fisiese adres in die hande te kry en op subtiele maniere te laat verskyn op sterk anti-Amerikaanse, pro-terroris en Taliban webtuistes. Sommige van die ‘spammers’ is al deur die CIA en Amerikaanse weermag opgetel en eers na ‘n vernederende martel sessie vrygelaat.

“Toe ek op een dag 23 e-mails kry wat vir my vertel ek het ‘n klein peestertjie en dat ek Viagra nodig het om my meisie te bevredig het ek besluit genoeg is genoeg, en ‘n plan begin beraam om die f*kkers terug te kry”.

No comments

Maak die Comrades die Here kwaad?

May 20th, 2008 | Category: Wat vang hulle aan

Hansie Louw, Christen drawwer en voormalige leier van die ACDP in die Wes Kaap het gevra of die feit dat die Comrades op ‘n Sondag plaasvind dalk die Here kwaad maak. Hy het die afleiding gemaak na twee drawwers laas jaar dood is.

Ek sou graag vir Hansie wou sê dat hy dalk reg is maar ek dink die feit dat ‘n mens nie veronderstel is om 87km in ‘n dag te hardloop nie het dalk meer daarmee te doen. Ek dink alle drawwers word gestraf vir hulle dwaasheid, die probleem is dat so baie van hulle masochiste is dat hulle die straf nou al begin geniet het.

Die brand in jou longe, die blase op jou voete en jou gelapte knieë is eintlik alles subtiele tekens wat op ‘n wonderlike manier ingebou is in jou liggaam om vir jou te sê “Stop! Jy is besig om my deur jou gat te trek!”.

Daar is baie mense wat nie verdien om dood te gaan nie wat wel doodgaan. As ‘n ou doodgaan in ‘n frats haai aanval terwyl hy op die toilet sit is dit beslis ‘n teken. Maar as jy 87km gaan hardloop sonder iets wat jou jaag is jy besig om jou ‘odds’ aansienlik te verhoog en ek dink die ‘teken van Bo’-indeks daal aansienlik.

Masochis: “Asseblief, ek smeek jou, maak my seer. Slaan my, verneder my!”

Sadis: “Nee…….”

Foto is hier gekry

No comments

Gysie “Flash” van Tonder kry ‘n motorboot

May 19th, 2008 | Category: Glo jy die kak?

Gysie “Flash” van Tonder, Lotto wenner van so maand terug, van Turffontein in die suide van Johannesburg se eerste groot aankoop (behalwe 30 kaste bier en ‘n verloofring) was ‘n ‘customised’ boot van Performance Watercraft in Vereeniging.

“Ek het geskiem hoe ek soos nog altyd ‘n boot wou gehad het”, het ‘n baie tevrede Gysie gesê. “Ons gan op die rivier trou en hy kan ‘double’ as die trou kar”.

Gysie ontken die gerug dat hy baie graag sy troue in die Huisgenoot wil verewig as gevolg van die ongewone troue. “Ek skiem as hulle ‘n artikel wil doen gaan ek nie kwaad wees nie, maar ek doen dit nie daaroor nie”.

Performance Watercraft van Vereeniging se woordvoerder, Mike Scholtz, het gesê: “Ons aanvaar geen aanspreeklikheid vir enige gebeurtenisse van enige aard nie. Mnr. van Tonder is deeglik bewus gemaak van die feit dat ons teen ons beter wete agt 250 perdekrag motors aan die betrokke boot geheg het en is gewaarsku om nie onder enige omstandighede aan die versneller te raak nie, al die enjins moet slegs luier”.

“Daai f****n neef Barry van my was altyd so windg*t met sy boot. Nou kan hy mar langs my intrek met daai ou m*ffie bootjie van hom! Ek sal hom drop!” het ‘n opgewonde Gysie laat weet.

1 comment

Skrywer vaar uit teen misdaad……en?

May 17th, 2008 | Category: Wat vang hulle aan

As jy die Beeld se hoofopskrif op Vrydag gelees het sou jy kon glo dat daar geen aardbewings of ‘n gebliksem en vermoor van jumpalofense (onwettige en nie so onwettige immigrante) in hierdie wêreld gebeur het nie.

Ek is seker duisende kriminele het daai opskrif gesien en tot die besef gekom dat hulle ‘n skrywer ontstel het en dadelik hulle vuurwapens, messe en penisse weggebêre het en beloof het om nooit weer terug te keer na hulle ou lewens van misdaad nie.

Ek het nog nie, en gaan ook nie, uitvind wie hierdie skrywer is wat so ‘uitgevaar het teen misdaad’ nie. Wie gee ‘n fok om? Iemand wat nou nog kla oor misdaad is soos daai bliksem, wat ons almal ken, wat vir die 500ste keer op ‘n warm dag, vir almal wat kan hoor, sê: “Sjoe, maar dit is darem warm hè?”. Waarop iemand uiteindelik antwoord:”Ja! Ge-fokken-noeg nou, ons almal weet dit is bliksems warm! Die feit dat jy dit noem herinner ons net daaraan, en help net mooi fokol!”

Miskien het hy daai gesegde ‘The pen is mightier than the sword’ kop toe gevat. Al wanneer daai een waar is, is as dit James Bond se pen is en hy is eintlik een van daai anti-personeel myne, of hy kry vinne en word ‘n klein missiel. Anders sou jy al in ‘n fliek gehoor het “Staan doodstil of ek skryf jou faktap!” of “Plaas die geld in waterdigte sakke in die fontein in die middel van die stadsplein om presies 14H15. En kom alleen, as ons agterkom jy het die varke laat weet skryf ons die kak uit haar uit!”

Opskrifte hier gekry.

No comments

« Previous PageNext Page »