Archive for June, 2008
Hoe om ‘n onderstebo kakkerlak dood te maak?!
Hierdie foto sou so paar jaar terug meer indrukwekkend gewees het. Die dag wat hulle by die grootte van ‘n Nokia 2110 met ‘extended’ battery kom is die dag wat ek begin bekommerd raak.
Ek hou nogal van WikiHow. Dit is die moeder van alle ‘how to’ boeke en jy kan enigiets daarop kry. Hulle gaan nie in baie groot detail in nie maar dit gee jou oulike idees, veral as jy kinders besig hou.
Maar elke nou en dan kry jy iemand wat regtig iets baie onnosel opsit. Soos die een.
Wie op aarde sou belangstel daarin om ‘n onderstebo kakkerlak dood te maak? Hoekom onderstebo? Hoekom een op ‘n slag? As ek dink aan kakkerlakke dan dink ek meer in die lyn van Bob Mugabe, ek wil honderde doodmaak. Ek sal selfs Pol Pot trek op hulle en miljoene afmaai! (Tussen 750 000 en 1.7 miljoen om presies te wees)
Ek haat kakkerlakke maar ek dink hierdie arme weerman (weermoffie as jy nie polities korrek wil wees nie) het beslis ‘n groter haat vir die bliksems as ek.
Daar was ‘n sekere sersant wat eendag vir my peloton gegil het:”Die plek is so fokken sif die kakkerlakke dra gumboots en overalls!”
No commentsBucket List, wat ‘n lekker fliek.
Ek het gister Bucket List gekyk. Dit is nou die fliek met Jack Nicholson en Morgan Freeman wat die hoofrolle vertolk van ‘n hoogs onwaarskynlike vriendskap wat ontwikkel tussen twee ouens wat weet hulle gaan die emmer skop, en nou ‘n lys van goed wat hulle wil doen voor dit gebeur, deurwerk.
Die voorskou is so liggies misleidend, want dit lyk soos ‘n lawwe, lag jou gat af fliek met twee ou ballies wat resies jaag en valskerm spring.
Moet my nie verkeerd verstaan nie, dit is baie snaaks, maar die fliek het heelwat meer diepte en siel as net dit.
Behalwe die uitstekende toneelspel, waar albei hoofrolle hulle skoene behoorlik volstaan, is dit ‘n filosofiese, soms hartseer fliek wat jou laat dink aan jou eie lewe en of jy hom behoorlik leef.
Die fliek doen al hierdie wonderlike dinge sonder om soetsappig en sentimenteel te raak.
As daar iets is wat ek nie kan vat nie, is dit ‘n fliek wat jou forseer om iets te voel. Wat elke druppel tragedie en drama uit ‘n ding wil mergel omdat die regisseur dink jy is te fokken onnosel om dit te snap. Bucket List kry dit reg om net die storie uitstekend te vertel en die gevoelens aan jou oor te laat.
Ek gee die fliek 5 uit 5 punte omdat hy my vermaak het vir ‘n uur en ‘n half sonder om my intelligensie te onderskat.
1 commentGuns don’t kill people, rap kills people.
Na ‘n skool skietery en soortgelyke stront vra almal wat het die klein kak geluister? Watter games het hy gespeel op sy Xbox? Maak dit regtig saak watter musiek mense luister of watter geweldadige games hulle op hulle Xbox’e speel?
Die kort antwoord is, “Ja”.
Ek het tot die besef gekom toe ek nou die dag ‘B Please II’ met Snoop Dogg, Dr Dre en daai stout wit laaitie wat almal en sy oom afpis, Marshall Mathers, geluister het.
Ek het die radio redelik hard aangehad, en ek het agtergekom dat ek stadiger en stadiger ry en voetgangers en ander padgebruikers met ‘n ernstige, strak gesig aangluur. Ek het begin wonder hoeveel ‘spinners’ vir ‘n 1400 bakkie kos, hoe moeilik dit is om vir ‘n outomatiese vuurwapen aansoek te doen en wat die grootste subwoofer is wat in ‘n Nissan 1400 pas.
Die groot skrik het gekom toe ek saam begin gesing het “You don’t really wanna fuck with me………only nigger that I trust is me…….” en vir ‘n oomblik gedink het ek is swart en hoe onregverdig hierdie kak wêreld ons swart mense hanteer.
Ek is nie ‘n gewelddadige ou nie, maar as ek gewapen was weet ek nie of ek ‘n ‘drive by’ sou kon weerstaan nie.
Moenie dat die media en die vêr linkse, liberale, hippie skuim van hierdie wêreld jou om die bos lei nie. Rap musiek is moerse gevaarlik en moet in klein dosisse geluister word en beslis nie as jy gewapen is nie.
No commentsVrydag die 13de, moenie worrie nie.
Nog ‘n oulike Reuters storie. ‘n Studie van Hollandse versekerings rekords wys dat Vrydag die 13de eintlik so rapsie minder gevaarlik is as ‘n gewone Vrydag.
Wat my tog so bietjie bekommer: “There were also fewer incidents of fire and theft, although the average value of losses on Fridays 13th was slightly higher”.
Dit beteken eintlik dat jou kanse laer is om iets oor te kom, maar as jy iets oorkom gaan dit buitengewoon kak wees. As die kak die waaier tref gaan dit nie ‘n netjiese stywe drol wees wat jy met ‘n sakdoekie kan afvee nie, dit gaan ‘n hoop stomende stront wees en jou kantoor gaan met ‘n brandslang uitgespoel moet word.
Vir jou eie kak-tref-die-waaier kostuum.
No commentsMumbai is ‘n kak plek, maar moenie dit sê nie!
Hier gekry.
Die Amerikaanse konsulaat in Mumbai het op hulle website mense gewaarsku om op te pas vir oop ‘manholes’ wat werkers oop los as die monsoon reëns kom.
Maar die Mumbai munisipaliteit het amper in hulle broeke gebollie. Hulle probleem is blykbaar nie dat dit onwaar is nie maar dat dit die stad in ‘n swak lig plaas. Ha ha ha….
Met ander woorde “Ja, ons weet jy kan in ‘n ‘manhole’ in val en dat die werkers dit ooplos maar dit is onnodig om dit vir mense te sê! Anyway, soms word hulle gemerk met boomtakke!”
1 comment



