Archive for August, 2008

Die Kerk moet jammer sê vir gay musiek onderwyser.

August 29th, 2008 | Category: Wat vang hulle aan

Die NG Kerk het mos so ruk terug ‘n gay musiek onnie/orrelis in die pad gesteek (ge-fire nie ge-jy-weet-wat nie). Nou moet hulle hom skadevergoeding betaal en onvoorwaardelik jammer sê.

Die Kerk het nou al lank ‘n probleem met homoseksualiteit. Sommige mense kan heel obsessief oor die hele ding raak. Ek weet byvoorbeeld dat dit ‘n baie taai onderwerp is by NG Kerk vergaderings.

Dit is snaaks dat soveel tyd en energie aan die onderwerp spandeer word as Jesus, wat heel hoog op in die Kerk is (hoër as diaken byvoorbeeld), nie een keer in die Bybel (wat nogal belangrik is in die Kerk) eers praat oor moffies of selfs transvestiete nie. Twee versies in Leviete (verse 18:22 en 20:13) sê, heel kripties, jy mag nie by ‘n man lê soos by ‘n vrou nie. Ek verstaan dat hulle sekerlik nie grafies wou wees en begin praat het van ‘KY Jelly’ ens. nie, maar twee versies! Terloops, die einste boek van Leviete het ook ‘n groot probleem met tattoo’s, varkvleis, hare sny en skeer (Ek stem saam met tattoo’s).  Goeie nuus is dat jy jou dogter as ‘n slaaf mag verkoop solank dit in jou eie stam is.

Nou wonder ek, moffies word nie eers amper genoem in die 10 gebooie nie, maar werk op die Sabbat, word beslis genoem. Ek wonder net hoekom daai gewetenlose, goddelose skuim wat op ‘n Sondag, na Kerk, in stap by Spar om brood en melk te koop en sodoende die ander gewetenlose, goddelose skuim wat werk op ‘n Sondag ondersteun, steeds toegelaat word om hulle gesig sonder skaamte by die Kerk te wys.

Nee wat, ek dink ons moet weer begin om mense te stenig (Snaaksgenoeg ook heeltemal oraait in Leviete), dit sal die bliksems reg ruk.

No comments

Maak grootte saak? Nie vir God nie.

August 25th, 2008 | Category: Glo jy die kak?

Maak nie saak hoe klein of groot die instrument is nie, in die Meester se Hand kan hy wondere verrig.

Dit is vir my vreeslik oulik hoe skoon die persoon wat die kennisgewing geskryf het se gedagtes moet wees. Ons het so bietjie meer van hierdie mense nodig.

Wat ons minder van nodig het is mense wat dink Liewe Heksie is onsedelik is want sy is darem baie op daai blerrie besemstok (of was dit die ge-toor?), en Noddy gaan reguit hel toe want hy is duidelik so gay soos ‘n boom vol papegaaie want hy en daai Big-ears ou deel ‘n bed. Daar is ook die vreesaanjaende bliksems wat elke okkulte en Satanistiese boek besit sodat hulle kan gaan oplees of Pokemon nie dalk ‘n demoniese naam agterstevoor is, of dat Yu-gi-oh dalk ‘Duiwel-se-penis-deur-my-ore’ in Noord-Viëtnamees beteken nie.

Die mense wat ‘n nasionale monument wil laat afhaal want dit lyk op ‘n haar soos ‘n penis met ‘n ereksie. Die simpel poepholle dink nooit daaraan dat dit net hulle verdraaide, siek verbeeldings is wat die kak raaksien nie. Jy moet heel varkerig wees om sulke konneksies te maak, maar die idee dat hulle behandeling nodig het kom nooit eers in hulle koppe nie.

Pasop vir preutse perverts!

2 comments

Bokke te wit, en boeremusiek orkeste?

August 18th, 2008 | Category: Glo jy die kak?

Kyk net, nie een swart gesig nie!

Ek het gister weer ‘n koerant opskrif gelees oor iemand wat kla oor die Bokke wat te ‘wit’ is. Wat van boeremusiek orkeste? Gaan kyk net hier, nie een swart gesig in sig nie.

Net soos rugby is boeremusiek, veral gedurende die apartheidsjare, van ons jong swart bevolking weerhou. Terwyl jong wit seuns gedroom het daarvan om voor tot 80 mense te kan optree met a banjo of konsertina op die skoot, moes swart seuns in hulle kamers vas staar teen plakkate van Mzekezeke, Arthur, en Mandoza. Hulle het nie eers geweet van selfs hoofstroom groepe soos Klipwerf nie.

Sommige mense sal argumenteer dat dit ‘n baie lang tyd sal neem vir swart boeremusiek kunstenaars om deur te syfer na die hoogste vlak van die genre omdat swart mense nie belangstel in boeremusiek nie, en
dat selfs al sou daar een deur dring en dit ‘groot’ maak, dit nie noodwendig ander swart kunstenaars sou weg lok van kwaito, jazz en gospel nie, want, soos tevore genoem is, swart mense luister nie na boeremusiek nie.

Hoewel die argument sy meriete het, dink ek nie ons moet ons laat lei deur feite, statistieke en logiese denke nie. Ek dink ons moet die ding emosioneel benader, en met soveel politiese korrektheid dat ons daarvan begin naar word. In daardie emosionele, onlogiese luim sal dit dan vir ons duidelik word dat dit in nasionale belang is dat meer en meer swart musikante dit tot op die hoogste vlak van boeremusiek maak, tot daar rofweg vier keer meer swart mense boeremusiek speel as wat eintlik daarna luister.

Dan sal ons met ‘n skoon gewete kan luister na ‘Die Baber Vastrap’, die ‘Sannie de Nekker Setees’ en die ‘Jannie de Waal Wals’ soos gespeel deur Sipho Gumede en die Velleklappers of dalk Simon Mametse en die Roftossers. Ek kan nie wag nie.

No comments

Daai is my bliksemse kaasbroodjie!

August 12th, 2008 | Category: Wat vang hulle aan

Ek is mal oor vleis braai. Een van my gunsteling dinge by ‘n braai is ‘n geroosterde kaas en uie broodjie. Ek sien braai amper as ‘n verskoning om kaas en uie broodjies te maak. So bietjie peper en stadig gebraai tot die kaas begin smelt, en ek sal my ouma verkoop as ‘n seks slaaf.

Jy sal dalk agter gekom het ek sê ‘kaas en uie broodjie’ en nie ‘kaas, tamatie en uie broodjie’ nie. Dit is omdat rou tamatie reguit uit die hel is. Ek kan dit nie in my keel afkry nie.

Ek vat nou lank om tot die punt te kom, maar dit is belangrik dat jy besef 1. Ek is MAL oor kaas en uie broodjies en 2. Ek dink tamatie buk vir Bob Mugabe.

Ek is altyd baie puntenerig oor die broodjies en hou altyd aan sê ‘Kyk uit vir broodjies sonder tamatie, hulle is myne’.

Nou kan jy jou dalk die moorddadige, jou-dooie-bliksem! gedagtes indink wat deur my kop gaan as ek iemand hoor sê, nadat ons opgeskep het “Aag nee, myne het nie tamatie op nie. Aag wat ek sal hom nou maar eet”.

Daar is altyd so penis in iemand se lewe. Dit is dieselfde tipe van selfsugtige, onoplettende fokker wat voor jou in die buffet (hetsy troue, restaurant of funksie) ry by die slaai uitkom en ewe selfvoldaan sê “Oe! Ek is MAL oor feta kaas!” terwyl hy die laaste stukkie feta kaas uit die slaaibak uitsoek en daar so hoop in sy bord is. As ek nie so ordentlik was nie sou ek gegil het “Almal is fokken mal oor feta jou dom drol, en almal weet almal is fokken mal oor feta, dit is hoekom hulle die ordentlikheid het om nie alles te vat soos jy nie!”

Ek hoop die regter verstaan eendag as ek van moord aangekla word as ek daai slaailepel gebruik om een van die gewetenlose bliksems se hart uit te grawe.

5 comments