Archive for September, 2008
3 Dood in argument oor penis grootte
Hier is een artikel. Twee groepies ouens het begin argumenteer omdat een ou van die een groep vir ‘n lid van die ander groep gesê het sy penis is groter. Toe gaan haal die ‘groot penis’ ouens pistole en skiet drie van die ‘klein penis’ groep dood.
Dit sal maklik wees om te sê dat dit ‘n illustrasie is van hoe belangrik penis grootte vir mans is, of dat dit duidelik is dat dit rasse gemotiveerd was want almal weet dat Indiër mans belaglike klein penisse het. Maar ek gaan dit nie sê nie.
Die eintlike sondebok hier is drank. Goeie ou alkohol. As jy vir my sê jou penis is groter as myne gaan ek sê “Geluk. Jou ma is seker so trots”. Maar moenie dit vir my sê as my vier tjommies net so gesuip is soos ek en boonop gewapen is nie.
1 commentDie gevolg van te veel vryheid
Dit is nou wat gebeur as mense nie gebliksem raak omdat hulle weirdo’s is nie. Jy sal nooit so iets in Afghanistan, die ou Rusland of Nazi Duitsland gekry het nie.
Jy sou ook nie kon Kerk toe gaan, lees wat jy wil, ‘westerse’ flieks kyk of sommer net Joods wees nie, maar dit is ‘n klein prys om te betaal.
Zapiro sê nie jammer nie, want hy is nie
Oom Jacob en sy trawante wil mos hê Zapiro moet jammer sê oor die spotprentjie wat in die Sunday Times verskyn het. Nou het hy gesê hy gaan nie jammer sê nie.
Mooi so Zapiro!
Ek dink die bietjie stadiger ouens sukkel hulle gatte af om ‘Cartoons’ te verstaan. Hulle sê byvoorbeeld hy word uitgebeeld as ‘n verkragter. As jy nou Jacob se geskiedenis ignoreer, wat flippen moeilik is, is dit mos voor die hand liggend dat geregtigheid altyd as ‘n geblinddoekte vrou uitgebeeld word. Wie de donder weet dit nie? As geregtigheid gewoonlik as ‘n panda met ‘n oogklap uitgebeeld was, sou Zapiro dit geteken het. “Hou vas daai Panda en gee my die Vaseline!”
Hy word nie as verkragter in die algemeen uitgebeeld nie, hy word uitgebeeld as iemand wat die regstelsel wil verkrag en sy tjommies help hom. Dit is toevallig presies wat ek dink.
Wat my lekker laat lag het was die volgende:
In a joint statement, the alliance said the cartoon rubbished the collective integrity of the alliance and constituted a continued violation of Zuma’s rights. They’ve recommitted themselves to defending and upholding the rule of law. The alliance added that while press freedom was a cornerstone of democracy, it should not be abused.
Defending and upholding the rule of law! HA HA HA! Hoe sê jy daai met ‘n reguit gesig as jy jou hele dag spandeer om Ou Bra Jakes uit die hof te hou, newwermaaind die tjoekie?
No commentsSkelms kry te veel krediet
Mens hoor gereeld, na iemand ‘n inbraak of ‘n roof gehad het “Hulle was so slim, hulle het agter ingebreek waar niemand hulle kon sien nie” of dalk “Hulle het net die goed gevat wat mens maklik kan verkoop, slim hê?”
Dit is sommer ‘n kak storie. Slim kriminele word nie gevang nie. Hulle is die ouens wat miljoene maak met ‘insider trading’ en geldwassery ens. Huisbrekers en rowers is oor die algemeen baie onnosel, meeste het nie eers skool klaar gemaak nie. As hulle so slim was sou hulle ‘n wettige besigheid begin het of gewerk het, en hulle nie eers hoef te bekommer het oor tjoekie toe gaan nie. Slim en geslepe-met-geen-gewete is twee baie verskillende dinge.
Soos ek vroeër gesê het in ‘n ‘comment’, die kak sal spat die dag as regte slim mense begin dink aan maniere om mense van hulle hardverdiende geld en goed te verlig. As jy jou werk sou los en voltyds jou tyd bestee aan skelm stront uitdink sal jy mos met baie vindingryke goed vorendag kom.
Hier is ‘n oulike site as jy wil sien hoe deur die kak meeste skelms is. Die een van die skelm wat sy regte naam op sy wang ge-tattoo het en probeer het om ‘n vals naam aan die polisie te verskaf is een van my gunstelinge. Ook die dom bliksem wat met een dag oor in die tronk, wag vir dit………….besluit het om te probeer ontsnap. Wat van jy roof ‘n plek, laat val jou wallet en gaan dan terug om hom terug te ruil vir die kontant wat jy nou net gesteel het?
No commentsSkelm sodomiseer homself per abuis met ‘n ‘palisade’ heining
Gaan loer gou hier.
Ek het nou die dag ‘n nuwe woord geleer, ‘schadenfreude’. Dit is ‘n duitse woord, wat aanvaarbaar in Engels en Afrikaans gebruik kan word wat beteken ‘om vreugde uit ‘n ander se ongeluk te put’. Ek het soveel schadenfreude as ek na hierdie foto’s kyk dat ek lighoofdig raak.
6 comments



