Archive for December, 2008

Ek het julle gesê bootmense is poepholle

December 31st, 2008 | Category: Wat vang hulle aan

snaakse-boot

Ek het so ruk terug gesê hoe min tyd ek het vir bootmense. Hulle is die ergste tipe tappets, naamlik tappits met geld.

Jy moes nou al gehoor het van die ongeluk op die Vaalrivier waar ‘n dom dronk bootpoephol in een van daai ‘barges’ vas gery het wat mense gebruik vir maatskappy ’sundowner cruises’ of meer akkuraat ‘booze cruizes’. Toe ek die eerste daarvan gehoor het, het ek gesê “Daai drol was dronk”. My eerste leidraad was dat hy in ‘n ‘barge’ vasgejaag het, wat amper is soos om uit ‘n boom uit te val en die grond te mis. Daai goed beweeg donders stadig en is omtrent so groot soos ‘n Putco bus. My tweede leidraad dat hy gesuip was, is die feit dat hy ‘n bootmens is, hulle is altyd gesuip.

Hy sit nou in die tjoekie en wag vir sy eerste hofverskyning.

Die groot jammerte is dat ek weet die dom bliksem nie regtig weet wat hy verkeerd gedoen het nie. Hy is amper vir seker die tipe ou wie se verskoning vir alles is “Mar ek was gesuip!”

Aanklaer: “Mnr Visser, ek stel dit aan  u dat u met roekelose nalatigheid, u motorboot, onder die invloed van drank, in ‘n vlot vasgejaag het en die dood van Mnr Moreira veroorsaak het. Wat antwoord jy hierop?”

Bootpoephol: “Maar ek was gesuip! Vra my tjomme, ek het al op ‘n vol bottel brannas en sewe Savanna’s getrek!”

No comments

My besoek aan die lisensie departement

December 03rd, 2008 | Category: Glo jy die kak?

Ek het gister my bestuurderslisensie gaan hernu. Dit was ‘n redelike lang wag, maar nie so erg soos ek verwag het nie. Ek dink dit is die geheim as jy enige staatsdepartement gaan besoek, lae verwagtinge. Dit is net as jy verwag om gou gou in jou etenstyd te wil deurskiet en vinnig jou lisensie/ID/lisensieskyfie wil kry dat jy erg geïrriteerd daar uitstap.

Die groot probleem, as jy my sou vra, is die manier waarop ‘n staatsdepartement werk. Jy word nie vergoed vir ekstra werk nie, jy kan wel in die kak trap as jy droogmaak. Enige normale mens se reaksie op daai werksomstandighede is om (a) Soveel as moontlik mense weg te wys na iemand anders “O, jammer jou naam begin met ‘n ‘W’, ons doen die ‘W’s’ net op Woensdae as jy seksie A, B en D ingevul het van die blou vorm” (b) So stadig as moontlik te werk om jou kanse op ‘n knaterflater te verminder, jy speel die persentasie speletjie (c) So onnosel as moontlik voor te kom, sodat mense jou nie met onnodige stront pla nie, maar eerder die ’slimmer’ hulpvaardiger ou gaan soek.

My grootste irritasie by banke, en staatsdepartemente (hulle is verbasend eenders of hoe?) is daai mense, gewoonlik wit, bejaarde, engelse tannies, wat van die begin af daar is om kak te soek. Hulle vind ‘n siek plesier daarin om die moeilikste versoeke te rig, en dan in hulle beste panties te bollie as die versoek nie uitgevoer kan word nie-”NO, I told you, I want to transfer money from my 32 day notice account, into my credit card, via my savings account, so that the money shows on the quarterly statement that you need to print for me in triplicate on very light airmail paper so that I can airmail them to my husband in Australia!” Dan sug hulle altyd diep, skud hulle koppe stadig en draai om na die tou agter hulle om iemand te kry om te sien hoe hulle hulle oë rol. Ek haat dit as iemand in die tou dan sy skouers optrek in solidariteit en saam sug, met daai kyk wat sê “Ja, jong, hulle is maar deur die kak”

Ek gluur altyd die ou koei aan en probeer met my oë sê: “Dit is omdat JY te deur die kak is om die internet te gebruik om al hierdie stront self te doen, dat ek nou so lank wag! Jou bliksem!” Maar dit is moeilik om al daai oor te dra in ‘n kyk.

No comments

“Ateïste is kopkouers” mag ek dit sê?

December 02nd, 2008 | Category: Wat vang hulle aan

Ek was altyd onder die indruk dat ateïste as ‘n groep nugter, wetenskaplike tipe ouens was, wat oopkop en onemosioneel na dinge gekyk het. Fokkit was ek verkeerd!

Nou ek weet dat daar iets soos haatspraak is in Suid-Afrika, en dat jy nie lelike en opstokerige goed mag sê van mense gebaseer op hul geloof, seksuele oortuiging en nog ‘n klomp goed nie, maar wat van diskriminasie op grond van afwesigheid van geloof? Met ander woorde, mag ek sê dat jou gemiddelde, internet gebruikende, en, meer spesifiek, internet forum gebruikende ateïs ‘n onbeskofte, kopkouende kakstoker is? Want ek wil.

Hulle kom weg met goed op die forums wat regtig kaksoekerig en onsensitief is. Hulle noem Christene baie kreatiewe en aanstootlike goed, en kom weg daarmee. Hulle los natuurlik die Moslems uit want ons weet almal wat met die juffrou en die beertjie Mohammed gebeur het, of daai spotprent tekenaar met die bom-kop Mohammed.

Dit is dalk net slegte advertensie, soos daai ou in die khaki en baard wat uit sy bakkie uitklim en die petroljoggie uitkak asof hy sy dogter swanger gemaak het omdat hy die petrol te vinnig ingegooi het of iets dergeliks. Ek voel altyd moerse skaam om Afrikaans te wees as dit gebeur.

Ek weet een van my gay vriende skaam hom dood vir die ‘gay pride parade’ want dit is nou vir jou kak advertensie daai. Klomp ouens wat blink gesmeer is met baba-olie in speedo’s combat boots en make-up.

Die hele punt van vandag se post is om vir die meer uitgesproke ateïste te vra om op te hou om sulke deur die kak, onbeskofte fokneute te wees. Ek is seker daar is ordentlike ateïste daar buite, maar fokkit hulle is stil.

As jy nou nog nie glo dat ateïste buitengewoon baie pielneuse het nie, kyk hier, hier, hier en hier. Ek kon nog honderde goed gaan kry het, maar jy weet ek is reg.

3 comments