Archive for April, 2009
Kaal foto van Joost of nie?

Ek het hierdie foto sopas gekry in my e-pos. Die persoon wat hom gestuur het sê hy weet nie of dit Joost is nie want jy kan nie sy gesig mooi sien nie en ook nie sien wat hy snuif nie.
Ek sê dit is net te toevallig dat daai blou balle so duidelik gesien kan word en dit is algemene kennis dat Joost vir die Blou Balle gespeel het.
1 commentOraait, so dit is Joost in die video…..

Ek het weer my vrou se Heat gelees en daar is ‘n artikel in waar die meisie in die video nou uitgekom het met die hele ou siek spul. Dit behoort nou redelik duidelik te wees dat dit wel Joost is in die video.
Hoe groot poephol kan iemand wees? Ek dink Joost het ‘n nuwe standaard gestel. As daar iets soos ‘n Richter skaal vir poephol-geit was, het hy op ‘n 9.2 geregistreer.
Die Worsbeursie Poephol skaal:
- 5.4 Jy verneuk op jou vrou met ‘n ontklee danseres en snuif dwelms.
- 6.8 Jy verneuk op jou vrou met ‘n ontklee danseres en snuif dwelms. Jy word gevang.
- 8.2 Jy verneuk op jou vrou met ‘n ontklee danseres en snuif dwelms. Jy word gevang, ontken die hele ding en sê “My hart is by die Here” en sodoende maak jy alle Christene lyk soos leuenaars en hoereerders vir mense wat dit lank al wil glo.
- 9.2 Jy verneuk op jou vrou met ‘n ontklee danseres en snuif dwelms. Jy word gevang, ontken die hele ding en sê “My hart is by die Here” en sodoende maak jy alle Christene lyk soos leuenaars en hoereerders vir mense wat dit lank al wil glo. Dan huur jy vir Mike Bolhuis om die mense wat die video geneem het te probeer opspoor om die storie te verander of te ontken.
Daar is baie mense wat glo dat Joost ‘mentally challenged’ is. Ek weet nie, is dit moontlik dat sy Medulla Rugbyata so groot ontwikkel het dat die res van sy brein te min suurstof gekry het? Dit is dalk net makliker om te glo dat hy fokken onnosel is as om te glo dat hy regtig ‘n gemene, agterbakse dwelmgebruiker en seksverslaafde is.
Net vir die rekord, ek dink nogsteeds die tabloid tydskrifte soos Heat is aasvoëls wat teer op ander mense se ongeluk, facelifts, boob-jobs, selluliet en gebroke huwelike en verhoudings.
No commentsIs jy ‘n gebore April gek?

Hierdie April fool grappies is altyd vir my vreeslike groot vermaak. Ek is ‘n siniese, skeptiese mens en val nie sommer maklik vir die goed nie. Maar daar is ‘n spesiale lekker daaraan om iemand te hoor sê “Het jy gehoor mens gaan nou ‘n lisensie moet kry om te kan rook!? Fok dit, hulle sal my moet kom toesluit!” of “Die Springbokke moet nou hulle embleem verander na ‘n drie-poot pot! Hulle gaan die Ama-potte-potte wees! Dit is sommer kak man! Ek kan nie glo hulle gaan wegkom daarmee nie!”
Sommige mense is nou maar net gebore ’suckers’, (suigers in Afrikaans?). ABSA bank het elke liewe dag op hulle webwerf ‘n boodskappie wat iets sê soos “ABSA sal nooit, ooit, in der fokken-ewigheid vir jou ‘n e-pos stuur wat vra vir jou rekening nommer of pin nie. Nee regtig ……. NOOIT!” Tog is daar poepholle wat val vir “We have found an irregularity with your account. Please follow this link www.absa_ripoff_for_dickheads.co.za and give us all your account details, pin and cellphone number and ignore any large transacrions on your account”.
Ek wou so ruk terug in Rosebank geld trek by ‘n OTM en het sommer op so 20 meter van die masjien af gesien die gevreesde rooi skermpie flikker met groot “ERROR” en kleiner geskryf “We are unable to process your transaction”. Iemand het gedink dit is nie genoeg nie en op ‘n papiertjie geskryf “Out of order” en hom opgeplak net bo die skerm. Daar staan toe, en ek lieg nie, ‘n oom met sy vrou en hy probeer herhaaldelik om sy kaart in die gleufie in te forseer! “What the hell is wrong with this bloody machine!” hoor ek hom sê. Dit is skokkend dat iemand so verskriklik deur die kak kan wees. Dit is ‘n kwessie van tyd voor iemand daai omie se laaste sent uit sy rekening trek. Ek kan jou waarborg, die dag wat dit gebeur, gaan hy die bank, die regering, kriminele en die ANC blameer. Almal behalwe homself.
Miskien is daar ‘n versteekte voordeel aan April-fool grappies. Miskien is daar een of twee mense wat tot die besef kom dat hulle te naïef en deur die kak is nadat hulle gevang word met ‘n slappe soos ‘Alle Afrikaners met die van Verwoerd, Vorster, Malan en Botha moet dit nou verander na Mokoena, Khubeka, Ramaphosa of Mandela’.
No comments