Archive for May, 2009
Misdaad suig, punt.
Nog foto’s hier.
Hier is ‘n hartseer storie van nog iemand wat geskiet is vir sy foon. Een uiterse kak ding wat gebeur as jy iets hoor wat soveel suig, is dat jy graag minder kak wil voel deur so bietjie skuld op die slagoffer te wil plaas. Almal doen dit, dit is ‘n leuen wat jy jouself vertel om minder sleg te voel oor die ding. As jy byvoorbeeld verby ‘n kar ongeluk ry, wil jy graag dink – ‘maar hulle het te bliksems vinnig gery’, of as iemand geskiet is vir ‘n foon wil jy graag dink – ‘hy het seker terug baklei of iets’. Dit is maar normale menslike gedrag, en normale menslike gedrag is maar gewoonlik onnosel. Dit is hoekom dit mens so verskriklik pla as iets met ‘n kind of hond gebeur, want wat kon die kind of hond nou gedoen het wat die hele ding so bietjie meer aanvaarbaar kan maak? En as jy nie aan iets kan dink nie, raak jy EERS die bliksem in vir die persoon wat dit gedoen het.
In die storie wat ek hierbo na verwys, is een van daai goed wat my nog so bietjie klein kry, my gat se deksel met ander woorde. Die ou se ma sĂȘ hy is geskiet vir niks nie want hulle het dan sy 4×4 Mercedes gelos, en dit maak volgens haar die hele ding so bietjie erger. Is dit regtig beter om vir jou 4×4 geskiet te word as vir ‘n selfoon of absoluut niks nie? Volgens my is die ou wat hom geskiet het net so groot fokker of hy dit vir die selfoon of die Mercedes gedoen het.
Ek hoop daar is ‘n spesiale hel vir die ouens wat die tipe goed doen, of dit nou vir ‘n selfoon of ‘n kar of watookal was. Ek hoop hulle moet sonder ooglede, vasgebind in ‘n stoel sit in ‘n kamer met die lugversorging op 1000 grade gestel, en die selfde reeks van Idols oor en oor kyk waar die deelnemers net Eden liedjies mag sing, “Honky tonk, my ou skedonk, ek’s ‘n mechanic maar ek gaan jou fonk” tot in die lengte van dae, fokkers!
2 comments