Archive for August, 2009

Liewe Fokter Dill II

August 07th, 2009 | Category: Glo jy die kak?

Rooies

Hallo Fokter Dill,

My vriende noem my Rooies. Ek skryf omdat ek so graag iemand soek om my passie vir kontemporêre dans te deel. In die aangehegde foto beeld ek die wroeging tussen ons dierlike natuur en ons menslike natuur, soos dit manifesteer in ons keuses van sokkies, uit. Min mense verstaan die diep navorsing en ernstige sielsoeke  wat die kunsvorm behels. Is daar tog iemand daar buite met ‘n liefde vir naaktheid, kuns en dans?

Liefde en groete,

Rooies.

Rooies,

Ek hoor jou. Ek dink nie jou probleem is onoorkombaar nie, maar daar is redelik baie struikelblokke in jou pad. Die eerste probleem wat ek kan gewaar, is dat, sou jy ‘n advertensie in ‘n koerant plaas wat vra vir mense wat hou van naaktheid, dans en kuns, jy ontsaglike reaksie sou kry. Ek ken persoonlik maklik 30 mans wat mal is oor naaktheid, dans en kuns. Die probleem is dat naaktheid, dans en kuns vir hulle beteken: Loslyf, Langarm en Kosmos skilderye. Die ander probleem wat ek kan voorsien is dat, indien jy iemand wat antwoord op hierdie advertensie, sou probeer ontmoet, moet jy seker maak dit is in ‘n publieke plek, want hulle sal jou nog steeds in ‘n hospitaal in bliksem, maar dan het jy gelukkig getuies in die hofsaak om jou mediese onkostes te dek.

Dankie vir die foto, dit sal beslis meeste van die Loslyf, Langarm en Kosmos skildery ouens afskrik.

3 comments