Archive for February, 2010

Zuma, die super-pa!

February 05th, 2010 | Category: Wat vang hulle aan, Wie is 'n tril

Ek het lekker gelag vir die Zuma kamp se reaksie op die boehaai wat Zuma se 20ste kind ontketen het.

As jy nou nie lus het om al die heen-en-weer te lees nie, was dit basies iets soos: “En!? Hy is die president, en hy is Zoeloe, wat is julle probleem? Hy kry duidelik genoeg seks, soos dit hoort, en hy is ‘n regte man met ‘n goeie stel knaters. Natuurlik gaan hy ‘n klaskamer vol kinders verwek. WDF?”

Dit was vir my ongemaklik dat ons land jaarliks, vir 16 dae lank, herhinder moet dat jy nie vrouens en kinders moet mishandel nie – dit maak nou baie meer sin. Sekere goed is net nie voor die hand liggend vir almal nie.

5 comments