50 Cent, die Rapper, of Fiddy/Fitty soos die mense (lees: dom donders) wat hom liefhet hom noem het na bewering sy eie huis afgebrand. Die feit dat hy sy seun se ma wou uitgooi uit die huis uit en dit nie kon regkry nie, en dat daar ‘n leë kan petrol in die hoek van die erf gevind is lyk verdag (Nee, regtig?).
Die ma van sy seun het hom uitgeskel as ‘n slegte pa omdat hy nie eers gebel het om te hoor of die laaitie oraait is nie.
Een probleem met Afrikaans is dat daar nie genoeg woorde is vir ‘pa’ nie. Ons het nog een nodig vir ‘nuttelose stront wat ‘n vrou swanger gemaak het’ want dit vat te bliksems lank om te sê.
Die ma kan beslis nie die skerpste mes in die laai wees nie, want met album titels soos “Get rich or die trying” en “The Massacre” en liedjies soos “Ski Mask Way”, “Gunz Come Out”, “High All the Time” en “U Not Like Me” kon sy, as sy meer intelligensie as ‘n gemufde brood gehad het, dalk geraai het dat hy dalk nie wonderlike ‘pa’ materiaal sou wees nie.
Geen.


