Ek het so tien jaar terug, heel selfvoldaan, gesê dat die 60′s modes ‘n ‘comeback’ gemaak het, die 70′s het maar not te donner sal die aaklige 80′s ooit weer sy verskyning maak nie. “Die klere was heeltemal te ‘way out’ en mans is nou al heeltemal te bang om gay te lyk” het ek gesê. Kyk bietjie na hierdie versameling 80′s stront.
Nou sien ek al hoe meer shoulderpads, breë koper gespe ‘belts’, en kak haarstyle. So waar as wragtig, daar is mense wat aan 80′s mode kan dink sonder om hulle dood te skaam oor ‘Gypsies’ met wit sokkies en stywe ge-’snow wash’-de denims.
Dan moet daar mense wees wat deur ‘n hele Duran Duran musiek video kan kyk sonder om kanale te verander.
Jy sal in daai link wat ek gegee het sien dat van die foto’s regte 80′s goed is, maar daar is ontstellend baie nuwe foto’s daar.
Die probleem is nou dat ek graag ‘n petisie sou wou begin maar mode is net nie so maklik nie. Dit is soos misdaad. Jy vat ‘n paar ‘paperclips’ by die werk, maak ‘gratis’ kopieë vir jou kinders se take en as jy weer sien staan jy met ‘n AK-47 bo-op ‘n Fidelity Guards lorrie besig om petrol op hom uit te gooi.
Al wat ek kan doen is om nou, hier, offisieel te sê, ek maak beswaar! Asseblief, spaar ons van die groot oorbelle, hare en mans met grimering!
Relevante Stukkies:



Ek het ‘n dokumenter gesien van mense wat nog vas in die 80′s leef. Dit is hulle statement van “individualisme”!