Ek het geen geheim daarvan gemaak dat ek gedink het Barack Obama kan nie wen nie. Soos die res van die wêreld het ek Amerikaners leer ken van ‘Jerry Springer’, ‘The Amazing Race’ (Nie ‘n vêr regse, neo-nazi TV program soos die naam suggereer nie) en ‘Survivor’. Ek het met die min informasie tot my beskikking gedink alle Amerikaners is so bietjie naïef en baie oningelig.
Ek het ook ‘n artikel gelees in die Sunday Times wat gesê het dat Obama ondersteuners in Amerika se ‘Bible belt’ se gras uitgespin was en slagspreuke op hulle mure geverf is.
Nou moet ek om verskoning vra, nie dat een van die oningeligte bliksems weet wat Afrikaans is nie, want hulle het ‘n ‘swart’ president verkies! Ek sit swart in aanhalingstekens want hy is tegnies nie swart genoeg om in Suid Afrika te klassifiseer vir swart nie.
Ek dink dit is regtig ‘n moerse stap vir Amerika, dit is vir my ‘n aanduiding van dinge wat verander.
Dit kan natuurlik net wees dat George W Bush soveel kak aangejaag het dat geen wit man vir die volgende 20 jaar president sal kan wees nie.
Relevante Stukkies:



