Oct 28

Afrikaans = Rassis

Category: Wie is 'n tril

khaki olive

Ek raak so die bliksem in as mense my in ‘n boks druk omdat ek Afrikaans is. Nie almal doen dit nie. Die meerderheid van mense verstaan dat almal individue is, maar daar is die onnosel drolle wat jou sommer klaar groepeer gebaseer op jou taal, jou haarstyl of op die kar wat jy ry.

Engelse mense dink jy is dom, Afrikaanse mense dink jy is NG Kerk Christen, en rassistiese Afrikaners dink jy is ook kop in een mus en haat al wat gepigmenteerd is. Ek HAAT dit. Dit is juis hierdie stereotipering wat die teleurstelling so erg maak as hulle agterkom jy is intelligent, agnosties of ‘new age’ of nie ‘n rassis nie. As die rimpelkringe net geen vooroordele gehad het nie, sou dit nie so erg gewees het nie.

Die ding wat my nou weer in die rigting laat dink het was die artikel in die Mail and Guardian. Die poephol het ‘n CD gespeel by ‘n potjiekos kompetisie waar die ‘ge-remix-te’ Nkosi Sikelele Afrika onder andere noem dat Madiba ‘n ‘kaffer’ is. As daar nou een ou is oor wie jy geen negatiewe opinie mag hê nie is dit Madiba. Jy KAN, maar jy MAG nie. Ek laaik die omie persoonlik erg, maar as ek geglo het hy is die duiwel se saad, sou ek dit nie op ‘n CD gesit het nie. Ek sou dit ook nooit by ‘n bliksemse potjiekos kompetisie gespeel het nie.

Ek kan jou nou waarborg, daai simpel huilwiel het by homself gedink: “Lekker man, ‘n potjiekos kompetisie! Ek is omring deur ander wit Afrikaanse rassiste en hulle gaan almal semi-ereksies kry as ek hierdie CD speel.”

Ek weet dit want daardie presiese liedjie is vir my gespeel op ‘n selfoon, en toe die trotse speler die ‘ek dink iemand het in kak getrap‘ kyk op my gesig sien, was hy omgekrap, en teleurgesteld. Dit is dalk hoe die mense staaaaadig maar seker sal leer nie almal kan in ‘n netjiese doos gedruk word op grond van die taal wat hulle praat nie.

Kan ons nie dalk ‘n reël instel dat alle egte rassiste ‘n tipe uniform dra nie? My heel eerste gedagte is ‘n ‘two-tone’ hemp, kry vir jou een hier. Dit is reeds semi-offisieel die uniform, ‘n paar ouens gaan dalk moet oorskakel na Jeep hemde of iets, maar ek dink dit kan gedoen word.

Vertel vir jou tjomme:
  • Digg
  • Sphinn
  • del.icio.us
  • Facebook
  • Google Bookmarks
  • Propeller
  • Reddit
  • Slashdot
  • Technorati
  • StumbleUpon
  • laaik.it
  • muti
  • Yahoo! Buzz
  • email
  • FriendFeed
  • Yahoo! Bookmarks
4 comments

4 Comments so far

  1. Pierre Brink October 28th, 2009 3:57 pm

    Ek stem saam met alles wat jy sê, behalwe dat jy my nou in ‘n boks druk. Ek hou van daai hemde, beteken dit nou dat ek ‘n rassis is?

  2. Worsbeursie October 28th, 2009 4:19 pm

    HA HA HA! Ek is bly jy sien die ironie van die hele ding. Kan ons dalk op iets anders besluit as rassis uniform? Miskien moet almal net ‘n klein bordjie dra, met net die basiese informasie, soos: “Hi my naam is Pierre, ek is ‘n konserwatiewe Christen straight man. Gesels oor: 4×4′s, rugby (verkieslik Blou Bul ondersteuners), potjiekos resepte, mooi girls. Gesels GLAD nie: Rassistiese grappe, godslasterlike gesprekke, politiek en finansiële welstand.
    Of iets in daai lyn, dit is net ‘n voorstel, maar dit kan dinge darem baie makliker maak. Dalk so ‘ball park’ figuur van IK sal lekker wees. “Ek wou vir jou ‘n grap vertel maar ek sien aan jou IK dat jy hom nie sal vang nie.” He he. “Hoor hier, ek sien jy is moerse slim, hoe kan ek golf speel elke Saterdag sonder dat my vrou my aanrand?”

  3. Sadie November 16th, 2009 7:35 pm

    Man, ek het vanoggend amper die grootste skok van my lewe gekry. Ek wou jou blog aan iemand anders stuur, en net so terloops kyk ek wat is die nuutste, en daar sê die bladsy toe “This service has been cancelled”, of iets in der voege. Dit het omtrent my dag gespoil.
    Wat ‘n verligting om te sien jy is weer daar! Net ingeval jy dalk werklik van die net af wil verdwyn moet ek dus onmiddelik vir jou sê dat ek dink jy skryf die beste blog in Afrikaans. Nee, dis nie waar nie, jy skryf die beste blog wat ek nog gesien het. Punt.
    Moet net asb. NOOIT weer daai verdwyn een op my trek nie.

  4. Worsbeursie November 16th, 2009 9:56 pm

    Sjoe Sadie, dit beteken vir my baie. Ek doen die blog maar vir myself, en ek hoop daar is so paar mense wat darem iets daar uit kry. Dit is so lekker om te weet daar is iemand wat dit soveel geniet. Ek skryf sommer gou weer so paar posts net vir jou! Dankie.

Wat is jou gedagtes?