American English, Waddefok!?

Firefox het my nou net weer gevra of ek die ‘American English dictionary’ wil oplaai. Dit is bietjie soos om te vra of ek paashaas pastei wil hê of ‘n paar kappe saam met Kersvader wil gaan maak. Amper soos wat sommige mense met ‘n reguit gesig kan sê Zimbabwe is ‘n demokrasie.

Daar is net fokken engels man! Die feit dat ek ‘n baie kak vlinderslag doen beteken nie ek noem hom skielik die ‘Worsbeursie-slag’ en nou is alles reg nie. Maar dit is presies wat die Yanks doen. Hulle was te deur die kak om al die spel reëls te onthou (soos ‘Colour’ nie ‘Color’ nie) toe, in plaas daarvan om selfbewus te voel daaroor, verander hulle die naam en hoop niemand kom agter nie. “Newkiller missiles” Waddefok!? “Aluminum” Wad-de-fok!? Dit is amptelik Aluminium, dit is ‘n element. Jy kan nie sommer jou eie kak opmaak nie.

As jy regtig die nood voel om jou eie taal te maak, doen wat die Afrikaner gedoen het. Vat ‘n taal wat jy ken, las woorde by uit ander tale wat lekker werk en maak hom net so hardegat soos wat jy is. Hou aan om dit te doen tot die oorspronklike taal amper onherkenbaar is.

Dit maak my siek as mense na Afrikaners as Europees verwys. Moenie dit kop toe vat nie. Afrikaner is nie ‘n nasionaliteit of ‘n ras nie, dit is ‘n fokken houding.

Relevante Stukkies:

  1. Yemen, Waddefok!?
  2. Truman Prince en Abe Lincoln, Waddefok!?
  3. Frans Ludeke en die Bulls, Waddefok?
  4. Waddefok!? Waar’s my tottie?
  5. Demokrasie, Waddefok!?
You can leave a response, or trackback from your own site.

Leave a Reply

*

Subscribe to RSS Feed