
Ek kry soveel ‘hits’ vir die term ‘Anoreksie’ en die verkeerde spelling ‘Anoreksia’ omdat ek ‘n post opgesit het wat eintlik niks met anoreksie te doen het nie, maar die opskrif was “Ek het anoreksie oorwin”.
Ek voel nou so bietjie skuldig oor al die besoekers, vir wie ek van net soveel hulp was as Jacob Zuma al was vir vroueregte.
So hier is wat ek met so bietjie ‘googling’ kon agterkom van anoreksie:
Anoreksie is ‘n psigiatriese siekte, met ander woorde dit is in jou kop. Wat nie beteken dit is nie gevaarlik of maklik om te genees nie, die teendeel is eintlik waar. Die naam is afgelei van Grieks af, en beteken letterlik, ‘Nie honger nie” of “Nie lus om te eet nie”.
Om gediagnoseer te word met anoreksie moet jy:
- Wyer om die minimum normale liggaamsgewig te handhaaf.
- ‘n Intense vrees hê daarvoor om gewig op te tel.
- ‘n Verwronge konsep hê van jou eie liggaamsbou en gewig, met ander woorde, jy weier om te aanvaar dat jy ondergewig is, of as jy gevra word om jouself te evalueer, jy jouself altyd groter of dan nou vetter klassifiseer as wat jy is.
As jy drie kalenderpeste/maandstonde/rooi robotte mis is dit nog een van die rooi vlaggies.
Daar word ook genoem dat dit belangrik is hoe jy die gewigsverlies handhaaf, gooi jy byvoorbeeld aspris op, drink jy pille of oefen jy heeltemal te veel?
Jy kan hierdie vraelys voltooi ook as jy wil.
Oraait, so jy het anoreksie, wat maak jy nou? Jy gaan sien ‘n bliksemse dokter! Hou op om die internet plat te soek vir iets wat jou kan help, die kanse is baie goed dat jy dit nie self kan doen nie. Hospitalisering is soms nodig, anti-depressante word soms voorgeskryf, en terapie lyk of dit soms kan help, gesinsterapie en psigoterapie lyk belowend.
Dit moet seker moer moeilik wees, want jy weet as jy gaan hulp soek gaan hulle jou laat gewig aansit. En dit is die LAASTE ding wat jy wil hê. Maar jy moet onthou dat jy nie normaal dink nie, jy is siek. Nie minder siek as iemand met TB of longonsteking of kanker nie. Eintlik is iemand wat TB of iets het in ‘n beter bootjie as jy, want hy WIL gaan hulp soek want sy kop werk reg.
Hier is so paar links:


Ek sien julle lees hierdie artikel flou, het dit enigsins gehelp, doen jy eintlik net navorsing vir ‘n skooltaak, of het jy ‘n stoute giertjie vir baie skraal tjerries en jy soek foto’s? Los tog ‘n comment want ek kan nie gedagtes lees nie.
hey wors ek dink dis baie nice wat jy gedoen het om die arme siele te probeer help, en die feit dat hulle gegoogle het oor anoreksie wys jou dat hulle besef het hulle het ‘n probleem, en soos met booze is dit die eerste stap om jou lewe reg te kry, maar dis net die eerste ene en word gevolg deur die res van die berg. om jou lewe te verander is moeilik.
ek is in die ander bootjie, die een waar ek lekker eet en lekker rond lyk en nie hou van oeffen nie want dis nie lekker nie, maar ek het ‘n kêrel en hy like my so. ons is op ‘n dieet al vir ‘n jaar en hy het al lekker gewig verloor (bout x2 myne) en dit is AMAZING wat so bietjie verandering na die positiewe kant vir jou kan doen.
mense wat issues het met gewig (aan altwee kante) dink soms dat dit nie kan verander nie, maar JUST DO IT! dis nie maklik nie, maar hou op om fokken daaroor te dink en te wonder en te wens. trek jou vinger uit jou hol en begin!
dis al wat ek wou add.