Feb 16

Arme Joost van der Westhuizen

Category: Uncategorized

joost

Ek praat nou van die seksvideo waarin Joost na bewering verskyn. Hy sê dit is nie hy in die video nie. Hy sê ook “My hart is by die Here.”

Ek het nog nie die video gesien nie, en Rapport is omtrent so geloofwaardig soos ‘n tweede-handse karverkoper met dobbelskuld, so dit is dalk regtig nie hy nie.

Ek hoop so vir Joost, want hierdie gaan groot kak wees.

Ek het nou klaar in die kommentaar op van die artikels ‘n patroon begin bespeur. “Is dit nou wat Christene doen?” “Ja jong, tipies, Jimmy Swaggart se hart was ook by die Here”. Weereens kom dit vir my neer op ‘n kwessie van kak advertensie. As jy iemand gaan adverteer, hetsy dit Afrikaners, Christene, Gays of Pottebakkers is, MOET jy besef dat mense wat nie van Pottebakkers hou nie, elke foutjie wat jy maak, en elke lyntjie ‘coke’ wat jy snuif teen jou EN teen Pottebakkers gaan hou.

Jy moet of stillerig wees oor die feit dat jy ‘n pottebakker is, of as jy die windgat, soek-die-kollig tipe pottebakker gaan wees met ‘n vrou wat in elke tweede Sarie en Rooi-Rose verskyn, moet jy doodseker maak jy is fokken onberispelik. Hoe meer windgat jy oor die hele pottebakker ding is, hoe meer skade gaan jy onskuldige pottebakkers aandoen die dag wat al jou kak op die lappe kom.

Ek wens die Blou Bulle wil ophou om kruisies met hulle vingers in die lug, op hul harte en op die veld te maak, op hul kniee neerslaan en gebede opstuur na elke drie, strafskop en vryskop. Dit is hulle absolute reg, en ek sou absoluut bebliksemd wees as hulle ooit ‘n reël probeer maak daaroor, maar rugbyspelers is oor die algemeen stout fokkers met min verantwoordelikheid en ‘n klein besef van nagevolge, nie die ideale Christelike ‘Public Relations’ mense nie.

Vertel vir jou tjomme:
  • Digg
  • Sphinn
  • del.icio.us
  • Facebook
  • Google Bookmarks
  • Propeller
  • Reddit
  • Slashdot
  • Technorati
  • StumbleUpon
  • laaik.it
  • muti
  • Yahoo! Buzz
  • email
  • FriendFeed
  • Yahoo! Bookmarks
5 comments

5 Comments so far

  1. Trilwillem February 16th, 2009 1:45 pm

    Hey, die bulle doen die minste….kyk bietjie na al die ander spanne, veral van die ander twee lande dan sal jy sien watse kak vang hulle aan. Hulle doen ‘n hele opvoering met meer as een persoon betrokke wanneer hulle ‘n drie druk

  2. Trilwillem February 16th, 2009 1:58 pm

    As Joost sê dit was nie hy in daai seks video nie, dan was dit nie hy nie!

  3. Worsbeursie February 16th, 2009 2:47 pm

    Ek dink dit sou wys wees om op hierdie punt net die opmerking te maak dat Trilwillem wens hy het sy maagdelikheid verloor aan die Blou Bul, om te sê hy is ‘n ‘aanhanger’ is soos om te sê Jacob Zuma is ‘oningelig’ oor HIV en VIGS. Selfs al sou hulle in die video die tattoo wys, met Joost se ID op die bedkassie, en sy ‘DNA’ op die mat van die kamer kry, sal Trilwillem steeds sê dit was nie Joost nie.
    Dit gesê, ek stem heelhartig saam.

  4. Pierra July 15th, 2009 9:53 am

    Julle praat almal kak julle rassiste, die ou wat die kak in die hele WEBSAAIT praat, praat sommer kak, JOU MA SE P@&S. Hierdie is ‘n rassiste, WAAITE fokkin stupid WEBSAAIT. Ek se weer julle almal MA SE P@&Ste wie hier by betrokke was.

    P

  5. Worsbeursie July 15th, 2009 10:08 am

    Ha ha, Pierra, hoe is dit moontlik om een ou so verskriklik kwaad te maak? As jy vir my die rassisme uitwys sal ek dit spoedig verwyder. Ons duld nie daai tipe kak hier nie. Aan jou spelling en sin struktuur, sou ek jou nie ‘hoogs geletterd’ noem nie. Het jy nie dalk net verkeerd gelees nie? Of is dit die woede wat in jou opborrel wat jou so bietjie agterlik maak?

Wat is jou gedagtes?