Dec 2

“Ateïste is kopkouers” mag ek dit sê?

Category: Wat vang hulle aan

Ek was altyd onder die indruk dat ateïste as ‘n groep nugter, wetenskaplike tipe ouens was, wat oopkop en onemosioneel na dinge gekyk het. Fokkit was ek verkeerd!

Nou ek weet dat daar iets soos haatspraak is in Suid-Afrika, en dat jy nie lelike en opstokerige goed mag sê van mense gebaseer op hul geloof, seksuele oortuiging en nog ‘n klomp goed nie, maar wat van diskriminasie op grond van afwesigheid van geloof? Met ander woorde, mag ek sê dat jou gemiddelde, internet gebruikende, en, meer spesifiek, internet forum gebruikende ateïs ‘n onbeskofte, kopkouende kakstoker is? Want ek wil.

Hulle kom weg met goed op die forums wat regtig kaksoekerig en onsensitief is. Hulle noem Christene baie kreatiewe en aanstootlike goed, en kom weg daarmee. Hulle los natuurlik die Moslems uit want ons weet almal wat met die juffrou en die beertjie Mohammed gebeur het, of daai spotprent tekenaar met die bom-kop Mohammed.

Dit is dalk net slegte advertensie, soos daai ou in die khaki en baard wat uit sy bakkie uitklim en die petroljoggie uitkak asof hy sy dogter swanger gemaak het omdat hy die petrol te vinnig ingegooi het of iets dergeliks. Ek voel altyd moerse skaam om Afrikaans te wees as dit gebeur.

Ek weet een van my gay vriende skaam hom dood vir die ‘gay pride parade’ want dit is nou vir jou kak advertensie daai. Klomp ouens wat blink gesmeer is met baba-olie in speedo’s combat boots en make-up.

Die hele punt van vandag se post is om vir die meer uitgesproke ateïste te vra om op te hou om sulke deur die kak, onbeskofte fokneute te wees. Ek is seker daar is ordentlike ateïste daar buite, maar fokkit hulle is stil.

As jy nou nog nie glo dat ateïste buitengewoon baie pielneuse het nie, kyk hier, hier, hier en hier. Ek kon nog honderde goed gaan kry het, maar jy weet ek is reg.

Vertel vir jou tjomme:
  • Digg
  • Sphinn
  • del.icio.us
  • Facebook
  • Google Bookmarks
  • Propeller
  • Reddit
  • Slashdot
  • Technorati
  • StumbleUpon
  • laaik.it
  • muti
  • Yahoo! Buzz
  • email
  • FriendFeed
  • Yahoo! Bookmarks
3 comments

3 Comments so far

  1. Trilwillem December 2nd, 2008 8:09 pm

    En om dit te sien op eie bodem:

    Kyk die kak wat hulle hier kwytraak

    en hier as jy tyd het.

    Ek dink nie eers hulle kan nugter dink oor hulle eie sienings nie.

    O en hier is nog ‘n goeie een

  2. Worsbeursie December 2nd, 2008 8:21 pm

    UITSTEKENDE voorbeelde Trilwillem!

    Beter as my voorbeelde, dammit!

    Ek glo al hoe meer in die ‘fundamentalist atheist’ konsep, daai ouens is geneig tot ekstremistiese stellings, kwessie van tyd voor hulle vliegtuie kaap en kak aanjaag.

  3. Trilwillem December 6th, 2008 10:47 am

    Die beste van dit is dat ek nie gesoek het nie…ek het net die eerste drie oopgemaak op MyBB se forum

Wat is jou gedagtes?