Jan 29
Bediende masturbeer man, WDF!?

Ek gaan loer gereeld na die sleutelwoorde wat mense gebruik om by Snaaksgenoeg uit te kom. My top term bly nog ‘Dikderm’, as gevolg van die post wat ek oor Steve Hofmeyr gedoen het.
Maar ek het vanoggend op die snaakste een nog afgekom. “Bediende masturbeer man”.
Kan jy dit oorvertel? Nee regtig.
Dit kan natuurlik so franse bediende wees met die swart en wit uniformpie en die wit kappie aan met ‘suspenders’, soos die wat heel populêr is by ‘fancy dress’ partytjies. As jy my vra, is daar net een prentjie wat opkom as jy die woord ‘bediende’ gebruik, en dit is van Martha, Vinah, en Esther wat my help grootmaak het. Moet my nie verkeerd verstaan nie, hulle was dierbare mense. Selfs Martha met die ligte drankprobleem was wonderlik, maar die LAASTE ding waaraan ek dink as ek aan hulle terug dink is enigiets, selfs vaagweg, seksueel. Hulle het kinders gehad, so hulle moes op ‘n stadium seks gehad het, maar dit is iets waaraan ek eerder nie dink nie.
Miskien was die spesifieke ‘googler’ ‘n vrou wat begin agterdogtig raak het oor haar man, wat soveel tyd tuis spandeer en grappies deel met die bediende, en wou uitvind of dit ‘n algemene ding is?
In elk geval, nou is dit in jou kop ook. He he.
2 comments2 Comments so far
Wat is jou gedagtes?
Whahaha! Ek het vandag net so ‘n snaakse ene gehad – gesig seep, nie koekie seep nie –
HA HA HA, goeie een!
Dit laat my dink aan die boer, wat hanslammers het by die plaas, wat by die koöperasie vir die dame agter die toonbank vra “Het jy lam-tiete?” en sy antwoord “Nee, dit is hierdie bra wat so kak sit”.