Sep 4

Bejaardes se bestuurs’vernuf’

Category: Wat vang hulle aan

James Hylton 1966 Nascar Rookie of the year

Daar is ‘n ouderdom waar jy tot die besef kom dat jy enigiets wat jy wil kan aanjaag agter ‘n stuurwiel, solank jy dit moer stadig doen. Of dit ‘n U-draai op ‘n hoofweg is, of bane wissel sonder flikkers of selfs van die oprit van ‘n hoofweg af reguit in die middelbaan in beweeg. Ek vermoed daai ouderdom is so 70. Maar dit verskil van persoon tot persoon, want die 80 jarige heks wat vanoggend voor my in gery het met ‘n sigaret in een hand was gefokus genoeg om, met die ander hand, aan te dui dat sy nie my toeter waardeer nie.

Ek neem aan dat die gedagte in die bejaarde waaghals se kop is ‘Hulle het mos beter oë, reflekse en brieke as ek’. Wat dalk sin maak, want ek sien hulle baie min in regte ongelukke. Amper-amper agt kar ketting botsings sien ek baie, maar nooit ‘n ‘genuine’ ongeluk nie. Wat ek wel sien is jong mans van so 20 jaar oud wat langs hulle wrakke staan en versekerings details uitruil.

Nog ‘n ding is ou mense se onverklaarbare verslaafdheid aan die middel baan van ‘n hoofweg. Hulle klim op die hoofweg en ry reguit na daai oase wat die middel baan is. Met determinasie wat lyk na selfmoord neigings soek hulle daai middel baan uit, en bly in hom en ry 80 km/h ‘come hell or high water’. Al wat hulle uit daai baan uit kan kry is kern-oorlog of hulle afrit.

Moet ook nie vir my probeer sê daai flikker wat vir 40 km vêr aan bly is vergeetagtigheid nie. Dit is om die mense rondom hulle op hulle tone te hou. ‘Gaan hy draai? Gaan hy nie draai nie? Het hy vergeet of het hy dalk ‘n hartaanval agter die stuur gehad en sy wheel allignment is net blerrie goed?’

Vertel vir jou tjomme:
  • Digg
  • Sphinn
  • del.icio.us
  • Facebook
  • Google Bookmarks
  • Propeller
  • Reddit
  • Slashdot
  • Technorati
  • StumbleUpon
  • laaik.it
  • muti
  • Yahoo! Buzz
  • email
  • FriendFeed
  • Yahoo! Bookmarks
5 comments

5 Comments so far

  1. Hester September 4th, 2008 4:58 pm

    Die ERGSTE vir my is Camry mense!!! Jy moet bietjie oplet. En hulle almal lyk dieselfde – tussen 50 en 60, oom en tannie gewoonlik saam in die kar (oom lyk bored, tannie praat non-stop), met poodle op die skoot. Kan a Camry vinniger as 50km/h ry? Ek vra net? En hulle sal nie ‘n fok padgee dat jy verby kan gaan nie – ry net met hul linker wiel OP die geel lyn en dink dat dit nou ver genoeg is vir jou om in daai spasie verby hul te gaan met trokke wat van voor af kom.

    My ma-hulle raak ook nou oud. My pa is 67 en my ma 63 (ek is ‘n laatlam) En ek bekak myself elke keer wanneer ek saam met hulle moet ry. Nie omdat hulle noodwendig sleg ry nie, net omdat hulle so fokken stadig ry!!! So nou ry hulle maar eerder saam met my.

  2. Worsbeursie September 4th, 2008 9:50 pm

    LMGA Hester!
    Solank jy dit stadig doen kan jy net mooi enige kak aanjaag agter ‘n stuurwiel :D
    Daai Camry’s is gewoonlik poeier blou, met daai vlerkies wat mens op die ‘wipers’ sit om hulle te laat werk teen hoë spoed (asof dit gaan gebeur!) en daai klein rubber deur beskermer goedjies met die reflectors in.

  3. Hester September 5th, 2008 8:22 am

    Ja, dit is die ou mense se manier om hulle ride te pimp.

    Ander mense wat Toyota’s ry gaan eerder vir die fur seats, goue tissueboks en daai Hawaii poppies wat dans wanneer mens ry.

    O fok, ek hoop nie jy bestuur ‘n toyota nie… Haha

  4. Worsbeursie September 5th, 2008 8:39 am

    Ek het, so 1200 Toyota bakkie vervaardig in ’81. Hy was great. Ek het nie geld vir rowwe mags gehad nie maar ek het rooi skaapwol sitplekke gehad! Ek het maar gegaan vir oulik, want die bose brul van 1200 cc’s se rou krag het min mense beïndruk.

  5. Hester September 5th, 2008 11:09 am

    Hmmmm…rooi skaapwol sitplekke? Dit is seker beter as daai harde lap sitplekke wat mens carpet burn gee!

Wat is jou gedagtes?