Daar is nou groot kak oor e.tv wat nie wil sê waar om die self-erkende kriminele op te spoor wat hulle nou die dag mee gesels het nie.
Die volgende is aan Bheki Cele gerig:
Eerstens – Die media is nie daar om kriminele vas te trek nie. Hulle is daar om ons op hoogte te hou van goed. Goed soos die enorme hoeveelhede kak wat julle korrupte klomp fokkers aanjaag. As hulle elke keer moes sê waar en hoe hulle die informasie gekry het, sal niemand met hulle praat nie, en dan gaan ons nie van al die kak uitvind nie. Dit is uiters eenvoudig.
Tweedens – Die mense by e.tv is nie Super-Ninja-C.S.I. New York-EfBiefokkenAai misdaad spesialiste nie. Jy hoef nie ‘n brein-chirurg te wees om so bietjie in taverns en taxi ranks rond te vra – “Ken jy kriminele wat wil kak aanjaag met toeriste gedurende die 2010 sokker ding?” nie. Dit gaan jou so paar lang biere kos en siedaar – informante! Jy kan nie vir e.tv kwaad wees omdat hulle gewys het hoe deur die kak jy is nie. Jy moet, in teendeel, dankbaar wees dat hulle jou gewys het hoe eenvoudig dit is. Gaan doen jy nou dieselfde ding, maar in plaas daarvan om hulle te laat gaan, soos e.tv, SLUIT DIE FOKKERS TOE! Dit is waarvoor ons jou betaal voorvel!
Geen.



Ek besef die e-TV berig was ‘n verleentheid vir die SAPS. Ek is verbaas dat hierdie nie baie meer gereeld gebeur nie – ek sou self half skaam gewees het as ek ‘n poeliesman was (ek verstaan daar is betroubare ens. SAPS lede, maar net soos die soet girls wat saam met die stout girls agter in die bus gesit het en aan almal vertel het hulle is nie so nie, REGTIG ens. so moet julle maar saam oor dieselfde kam geskeer word.)
Wat het geword van “onskuldig tot anders bewys”? Enige iemand kan nou main peanut trek en sy lyf master criminal hou op E-TV. Die SAPS moet maar aanneem die ouens is net groot-bek of indien hulle die ouens in elk geval soek hulle maar in hegtenis neem wanneer hulle hul foto’s neem vir Police File of wanneer hulle aansoek doen vir werk. (Sies nou is ek darem lelik)
So gepraat van sies of te wel “justice for mahala” : Winnie “ek het niks met Stompie se dood/diamantsmokkelary en so aan te doen nie” Mandela voel dit is darem baie verkeerd dat E de Kock kwytskelding kan kry. Baie, baie verkeerd. Ek voel ook so – in ‘n sinvolle samelewing sou hulle dalk ‘n sel kon deel (dit sou nou ironies/ justice wees)
Soek nie dat die ouens saam met die Shaiks ens. van die samelewing vry rondloop nie. Hulle doen aansoek vir die SAPS poste (wel meestal vir die hoë poste) wat beteken die SAPS kry nie een of twee eerlike ouens wat wel aansoek gedoen het aanstel nie. Hulle raak selfs kakker, is selfs meer op E-TV en selfs meer kriminele kom weg/kry hoë poste. ‘n Bose kringloop.
En nou moet ek afsluit (ek verstaan Angelina Jolie en Brad Pitt is uit – ek hou nou maar my e-pos met ‘n valkoog dop en sit by die foon – net ingeval) – Tarra parra
WDF sal hy in elk geval doen met die name? Oooh, ek weet, hy wil dit vir human resources gee vir recruitment!
Weet jy Amoer, ek het aan presies dieselfde ding gedink – Van wanneer af is dit ‘n misdaad om jou lyf ‘Gangsta’ te hou? As die polisie nou die ouens opspoor, waarvoor gaan hulle hulle toesluit? Miskien is jy reg Trilwillem, hulle word dalk ge-’head-hunt’ vir ‘n spesiale pos.
Ek is nou ‘n moedswillige bliksem, maar as al wat die SAPS kort om die kriminele van die straat af te kry hul name is, kan hulle hier kyk: http://tiny.cc/HqaMs – Dit is letterlik ‘n menu van die “most wanted” in SA met name en foto’s en alles. (Ek moet bieg ek het lekker gegiggel vir die “bottomfeeders” – lelik man lelik. Nie een strike my as ‘n criminal mastermind tipe IQ nie)
Aldus die SAPS se website soek hulle die mense dringend. Ek sal so smaail ja. Hulle stuur 50 000 mense Bloem toe om die ouens daar te soek en sommer te paartie terwyl hulle daar is. Die rekening kom later se die poliesbaas. Lees hierso meer http://tiny.cc/JIiIn
Ag nee regtig julle, dit smaak my die SAPS se dringend is dieselfde as myne – ek het vroutjie beloof ek gaan dringend ophou rook met die verstandhouding dat dit ‘n lewenstaak word. Dalk die dat die polisiebase so geroepe voel.
Tarra parra
Amoer, ek sê nog altyd daar is ‘n groot verskil tussen skelm en geslepe, en die ouens op die ‘menu’ is skelms. Dit maak hulle natuurlik nie minder gevaarlik nie, in teendeel……….
Ek kry vir Bloemfontein jammer gedurende die partytjie. Soveel 9mm’s en ‘n sterk partytjie gees gaan nie goed meng nie.
die beste ding wat cele ooit gedoen het: stomach in chest out stomach in chest out…