Binnelandse Banke?

*

Suid Afrikaanse banke het gedink aan ‘n plan om bedrog hok te slaan.  Die Liewe Hemel weet daar is genoeg skelm fokkers in die land om enigiets wat enigiets met geld te doen het, regtig moeilik te maak.

En daar lê die probleem nou juis. Daar is ‘n gesegde wat iets sê in die lyn van “Stuur ‘n skelm om ‘n skelm te vang” – En dit is donders onnosel, soos meeste gesegdes. Hoekom? Want skelms is, wel…… skelm. Die banke het nou gaan aanklop by die mees korrupte, skelm en boonop onbevoegde klomp kakhuise wat nog ‘n salaris by die staat getrek het (en dit wil gedoen word) naamlik Die Departement van Binnelandse Sake!

Vra gerus vir Getruida en Willemien of hulle Binnelandse sake naby hulle bankrekenings wil hê nadat hulle agtergekom het hulle is getroud met Nigeriese dwelmhandelaars, en nie ongetroud kan raak sonder om 92 vorms (insluitend die spyskaart by die troue)  in duplikaat, op ‘n Woensdag waarop die volmaan skyn, by kantoor 219 (wat net op Dinsdae oop is tussen 11h15 en 11h45) in te handig nie.

Kyk die poepholle by die bank dan nie Carte Blanche nie? Het nie een van hulle ‘n ID nie?

Dit klink soos ‘n uitgemaakte saak, maar ek hoop hulle dink weer oor die hele idee.

*Foto hier gekry.

Geen.

You can leave a response, or trackback from your own site.

Leave a Reply

*

Subscribe to RSS Feed