Jan 20
Bliksemse fietsryers!

Ek het lankal alle simpatie met fietsryers verloor. As ek hoor van een wat raakgery is moet ek regtig hard probeer om nie lekker te kry nie. Daar is twee dom donders wat elke Sondag by ‘n sekere smal straatjie op ry wat ek graag wil gebruik en die twee onnosele fietstrappers ry LANGS mekaar teen omtrent 15 km/h. Dit is moeilik om hulle verby te steek want daar is ‘n soliede wit lyn en die pad kronkel erg. Ek het dit al ernstig oorweeg om die twee fokkers so bietjie ‘aan te help’ met die bullbar. Dit is twee middeljarige ou moere, maar hulle het vol fietsry ‘outfits’ aan wat dit blykbaar oraait maak om soos ‘n poephol te ry. Dit is nou net een voorbeeld van deur-die-kak fietsryers, en ek het baie. Ek het self fiets gery en nooit sulke kak aangejaag nie. Jy kom net so lank weg met dit tot iemand jou ry dat jy net ‘n nat kol op die teer is.
Maar, soos die lewe soms met ‘n mens maak, is daar nou drie regtig kak stories van fietsryers in die nuus gewees. Wat my laat besef het hulle is ook maar net mense, met families, wat omgee. Hoe hulle dit regkry om vir die simpel poepholle wat ek elke Sondag sien om te gee, is bo my, maar hulle is ook net mense. Storie een, twee en drie.
Dit is daai twee onnosele fietsryers wat maak dat ek nou so sleg voel oor my hardvogtigheid. As ek hulle met die uitskiet-sambok bygekom het, soos ek lankal wil installeer op my bakkie, sou ek eerlik en opreg kon sleg voel oor wat met ander fietsryers gebeur.
Ek het die ou wat altyd regs ry se gat hoogte mooi uitgekyk. So net onder my spieëltjie. Eintlik skuld ek dit aan myself en ander fietsryers om daai twee en al die ander moetswillige bliksems se gatte vuurwarm te slaan met my “Sambok’O'Matic” (geregistreerde handelsmerk).
As ek klaar is met daai twee is dit die groep van vyf to sewe fietsryers wat elke Sondag deur Blairgowrie ry en die hele pad in beslag neem wat so bietjie ‘Sambok’O'Matic’ op hulle gatte gaan kry. Julle is gewaarsku, bliksems.
7 comments7 Comments so far
Wat is jou gedagtes?
Nee kyk, selfs na daai stories voel ek nogsteeds nie spesifiek “nice” oor die fkn fietsryers wat so fkn onbeskof is nie. Die meeste van hulle ken nie eens padreëls nie. Hulle moet mos 3 langs mekaar ry en kak gesels in spits verkeer. Ek het heel toevallig laas week gedink dat ek nie sal verbaas wees as nog so paar fietsryers gemoer word nie. Ons kwaliteitsbeheer is net nie goed genoeg om hulle in lyn te kry en te laat besef hulle jaag kak aan nie.
Jisslaaik,
maar daai mense wat op en af die otto du plessis pad langs die natuurbewaaringsarea ry soos ….’ers…
Kan hulle nie in ‘n enkel ry gaan? of “Single file”…
Ek verstaan hulle moet oefen, en ek “support” die environmental aspects.. marr kom aan ouens…
os moet ook na die werk gaan… of huis toe
Ella, ek is net bly ek is nie alleen nie. Die wêreld skuld jou net mooi niks net omdat jy verkies om op twee wiele en ‘n belaglike klein stoeltjie van punt A na punt B wil reis nie, maar dit lyk of baie fietsryers tot daardie gevolgtrekking gekom het. En dit irriteer my grensloos.
Ek is ‘n fietsryer en ons is almal nie so deur die kak nie. Poepholle soos die wat ons ‘n slegte naam gee. Se nou iets vir hulle dan sal julle jou die vinger gee of skree dat jy kamtig die doos is.
Doen my ‘n guns en trap of sambokiseer hulle!
Sopbeen, ek het self fiets gery, al sou ek myself nie as ‘fietsryer’ kategoriseer nie, en dit is poepholle soos daai wat julle ouens ‘n slegte naam gee. Ek kan nie verstaan dat hulle so deur die kak is nie. Hulle moet tog self soms kar bestuur?
Fietsry is great. Uit ‘n omgewingsvriendelike oogpunt, uit ‘n fisiese oefening oogpunt en soms uit ‘n praktiese, A tot B oogpunt. Jammer oor die poepholle.
ek sit en wonder na daai pics het iemand al n fietsryer gesien wat van sy bike afklim met n horing? eks seker as die eiers elke keer vibrate met die pad onder hul voete moet dit nou iets doen)
FFS Babyblu, dit is nou ‘n beeld wat ek eerder nie in my kop wil hê nie – ‘n fietsryer wat so bliksems lekker ry dat hy begin tent opslaan! Nou’s daai in my kop, dankie hoor…..