Ek weet Dries en Pielneef sal hier saam stem – daar is min vakansies lekkerder as ‘n wildtuin vakansie. Ek kon nie ‘n trippie Kruger toe reg kry nie, maar ek kon darem Desember so bietjie in Pilanesberg uit hang. Dit is goed vir ‘n mens se siel.
Daar is natuurlik oral poepholle, maar vir verskeie redes staan ‘n poephol uit soos ‘n seer duim in ‘n wildtuin. Hier is so paar van die tipes poepholle:
- Haastige Hennie: Hy kan nie afskakel van sy daaglikse lewe nie. Rooibokke is soos ‘speedbumps’ vir die poephol. Hy weet hy het goed wat gesien moet word, en dinge om te doen, maar hy weet nie regtig wat nie. Hy jaag van watergat tot piekniek plek. Haastige Hennie het deur ‘n trop wildebeeste gejaag wat die pad wou kruis, en een van die kalfies het so groot geskrik vir sy bakkie dat hy weer ander kant toe gehardloop het en sy ma moes terug hardloop om hom te kom haal. Terloops, die kalfies klink soos ‘n bees wat helium ingeasem het as hulle skrik “Buhhh, buhhhh” – iets wat my kinders baie snaaks gevind het.
- Groot wild Gysie: Dit is die ou wat vir jou by die kamp vertel hulle het niks gesien die hele dag nie. Wel, behalwe vir ‘n ratel, so paar tsessebes en ‘n ystervark, het hulle net mooi fokol gesien nie. Vir Gysie tel net leeus, renosters en luiperds as “wild” die res is sommer goed wat rond loop en kos verskaf aan die regte wild.
- Nuuskierige Neels: Nuuskierige Neels ry net van een groep karre tot die volgende groep karre om te sien wat hulle sien. As jy stop om gou ‘n bier oop te maak of ‘n kind se neus te blaas, stop Neels langs jou om te sien wat jy sien. Daar is so tikkie irritasie op sy gesig as hy vir die mense in sy kar sê “Nee jong, hulle het sommer gestop vir fokol” of as hy sien jy het gestop om sommer ‘n interessante voël te probeer identifiseer. Ek het ‘n vriend wat vir Neels in die veld in wys, en dan sy tande wys en sulke naels maak met sy hande om te beduie daar is iets MOERSE in daai bossie daar, en dan weg ry. Nuuskierige Neels sal soms minute lank die veld in staar met ‘n verkyker.
- Sarel Student en sy pelle: Hulle kry jy gelukkig net Pilanesberg. Die feit dat daar wild is, is iets wat heeltemal by Sarel en sy trawante verby gaan. Hulle soek net goedkoop verblyf want Sun City is te duur, en dit vreet in hulle drank fonds in. Hulle suip, saag en wheelie in die kamp in die aand, en gaan slaan die Valley of the Waves hard deur die dag. Jy kry hulle net tussen 08h00 en 09h00 in die oggend in die park, en dan is hulle HAASTIG.
Soos met baie dinge in die lewe is dit maar my benadering om so lekker as moontlik te lag vir die poepholle, want wat kan jy nou anders doen? Hulle is oral.
Geen.


Bliksem Wors, ek het lanklaas ‘n opsomming gelees wat die spyker so op die kop slaan!!!!
Ek sien al die genoemde poepolle voor my!! Op elke trippie wildtuin toe kom mens hierdie ape daagliks teë, glo my!!
Genadiglik het ek nog net 1 keer met Sarel Student en sy pêlle te doen gekry en dit was laas September by die einste Pilanesberg!! Hulle het net nie einde gehad nie, totdat ek 1 uur die oggend uit ons tent gevlieg het, die voorbok aan sy bos hare gegryp het en in baie duidelike Afrikaans presies vertel het wat ek aan hulle gaan doen as hulle nie ophou met hulle kak nie!!! Glo my, daarna was daar rus en vrede.
Haastige Hennie is ‘n spesie op sy eie. Wat de fok hulle in die wildtuin soek, is my gat se deksel. Dis dieselfde poepol elke dag op die highway wat in jou kar se exhaust wil opkruip om jou carburetor te wil opfok !! Geduld is vir hom ‘n baie nare vloekwoord.
Die teenoorgestelde van Nuuskierige Neelsie is wat ek noem “Fok jou Fanie”. Dis die bliksem wat alleen iets soos bv. Leeus of ‘n Luiperd sien, maar as jy dan stop om te wil vra wat sien hulle, dan kyk hy skielik op ‘n kaart asof hy nie nou weet waar hulle is of watter pad moet moet hulle ry nie. Hy neem die houding in van “Fok jou, ek het die leeus gesien, gaan soek jou eie” So ou is ‘n opperste Doos!!!!
Grootwild Gysie het ‘n broer, “Kakpraat Kobus”. Hy is die tipe vir wie die Groot Vyf die rooi tapyt uitrol as hulle hoor hy kom Wildtuin toe!! Kyk, hy sien die Groot Vyf en Jagluiperds en Wildehonde sommer binne die eerste ½ uur vandat hy by die hek ingery het. En dan sien hy hulle ook elke dag. Moet net nie vra vir foto’s nie, want dan het hy allerhande verskonings.
Ai, die mensdom sal my nooit ophou fassineer nie!!
Hahahaha Wors! Ek is net so lief vir die wildtuin en weet presies waarvan jy praat! Ek het n pel gehad wat presies geweet het hoe om met Nuuskierige Neels te werk wat so agter mens se gat aanry om te sien of jy iets sien… Hy sou stop, in n Franse aksent met groot oe vir Neels se: You zee dee lyon? Zee cougt zee buck? en dan na Neels met hande in die lug kyk asof hy n poepol is omdat hy dit nie sien nie. Neels het dan natuurlik n probleem om te vra waar die Leeu en die bok is want my pel is Franssprekend en verstaan dan gin woord “Afrikaanse Engels” nie… Ons sou dan in die banke in sink en so lag dat die hele kar skud terwyl die “Fransman” doodonskuldig voor hom uitkyk vir die “kill” wat nounet gebeur het en die een foto na die ander neem.