Aug 18

Bokke te wit, en boeremusiek orkeste?

Category: Glo jy die kak?

Kyk net, nie een swart gesig nie!

Ek het gister weer ‘n koerant opskrif gelees oor iemand wat kla oor die Bokke wat te ‘wit’ is. Wat van boeremusiek orkeste? Gaan kyk net hier, nie een swart gesig in sig nie.

Net soos rugby is boeremusiek, veral gedurende die apartheidsjare, van ons jong swart bevolking weerhou. Terwyl jong wit seuns gedroom het daarvan om voor tot 80 mense te kan optree met a banjo of konsertina op die skoot, moes swart seuns in hulle kamers vas staar teen plakkate van Mzekezeke, Arthur, en Mandoza. Hulle het nie eers geweet van selfs hoofstroom groepe soos Klipwerf nie.

Sommige mense sal argumenteer dat dit ‘n baie lang tyd sal neem vir swart boeremusiek kunstenaars om deur te syfer na die hoogste vlak van die genre omdat swart mense nie belangstel in boeremusiek nie, en
dat selfs al sou daar een deur dring en dit ‘groot’ maak, dit nie noodwendig ander swart kunstenaars sou weg lok van kwaito, jazz en gospel nie, want, soos tevore genoem is, swart mense luister nie na boeremusiek nie.

Hoewel die argument sy meriete het, dink ek nie ons moet ons laat lei deur feite, statistieke en logiese denke nie. Ek dink ons moet die ding emosioneel benader, en met soveel politiese korrektheid dat ons daarvan begin naar word. In daardie emosionele, onlogiese luim sal dit dan vir ons duidelik word dat dit in nasionale belang is dat meer en meer swart musikante dit tot op die hoogste vlak van boeremusiek maak, tot daar rofweg vier keer meer swart mense boeremusiek speel as wat eintlik daarna luister.

Dan sal ons met ‘n skoon gewete kan luister na ‘Die Baber Vastrap’, die ‘Sannie de Nekker Setees’ en die ‘Jannie de Waal Wals’ soos gespeel deur Sipho Gumede en die Velleklappers of dalk Simon Mametse en die Roftossers. Ek kan nie wag nie.

Vertel vir jou tjomme:
  • Digg
  • Sphinn
  • del.icio.us
  • Facebook
  • Google Bookmarks
  • Propeller
  • Reddit
  • Slashdot
  • Technorati
  • StumbleUpon
  • laaik.it
  • muti
  • Yahoo! Buzz
  • email
  • FriendFeed
  • Yahoo! Bookmarks
2 comments

2 Comments so far

  1. johan July 22nd, 2010 11:14 am

    Ek raak gatvol om te hoor hoe sleg dit gaan met die swart Suid Afrikaner. Kom ons los dit uit, almal weet hoe dramaties dit is.

    Ek is lief vir my land dit is hoekom ek en my familie getrek het. Dit voel soos die Groot Trek, want ek voel genoeg is genoeg. Hulle het my land waarvoor ek geveg het, hulle verander dinge wat vir my baie kosbaar was en waarop ek trots was en verander dit in (11 1 11). IS DIT TE VEEL GEVRA?

    Kyk na die rugby span. Hulle wil ons embleem verander..hulle wil regstellende aksies toepas..dit gaan ons die wereldbeker kos! Kom ons vergeet van rasisme. Ek meng nie in met Mandoza se tradisies of sy musiek nie. Hoekom moet ek plek maak vir swartes in boere musiek. Het hulle nie al genoeg afgebreek nie. Kan ek net ‘n ietsie Afrikaans hou vir my nageslag. Moet dit nie beskou as rasisties nie. Sien dit as feite.

    Baie dankie en ‘n wonderlike dag!

    Groete

    Die Blou Bul van Brisbane

  2. Worsbeursie July 23rd, 2010 7:31 am

    Blou bul, dit klink vir my bietjie soos “Ek is so lief vir my vrou, toe sy moeilik geraak het moes ek haar los”. Ek vind dit fokken irriterend as die bang gatte wat gevlug het na een of ander kakplaas aan die ander kant van die wêreld my as die idioot probeer uitmaak. Vergeet nou van die Blou Bulle, Mrs Ball’s Chutney, All Gold tamatiesous, boerewors rolls, goeie dokters en ‘n hond/kat/model vliegtuig/voorvel besit sonder ‘n bliksemse permit vir die fokken ding, want dit behoort alles aan die land wat jy verlaat het. Ek weet sommer jy is die tipe mens wat gehoop het Villa of Ronaldo word op die veld vermoor op internasionale TV sodat jy kan sê “Sien julle!? Dit is hoekom ek geloop het!”

Wat is jou gedagtes?