May 16
Bootmense, Waddefok?!
Vir my is een van die beste bewyse dat geld nie styl of klas kan koop nie bootmense.
Die drol met die wit of swart double-cab 4×4 met die Sharks plakker agterop wat ‘n boot dam toe sleep. Besef jy hoe ‘n hoë graad van tappitgeit jy behaal het? Ek sien honderde van hulle, daar moet ‘n club wees of iets.
As hulle nog ge-ski het of vis gevang het van die boot af sou ek kon verstaan. Enigiets behalwe heel dag op en af op die bliksemse dam. Dan doen hulle dit so naby die kant as moontlik want ek neem aan dit voel vinniger. Jy sien, selfs ‘n baie vinnige boot soos die 310 perdekrag monster hierbo haal maar ‘n top spoed van 85 km/h!
Dink bietjie aan die mentaliteit wat so mens het. Jy betaal vêr oor R120 000 vir ‘n ding wat jou teen 85 km/h (as jy baie gelukkig is) oor die water vervoer. My ou ’81 1200 Toyota bakkie het ‘n baie hoër top spoed as dit gehad! Vir dieselfde gevoel kon ek mos lekker gesuip geraak het en sirkels in ‘n oop veld hier naby my gaan ry het. Ek sou in teendeel vinniger gewees het! Ek sou heelwat stiller ook gewees het. Daai ge-fokken WAAAH! WAAAAAAH! geluid kan tog nie lekker wees nie.
Aan die einde van die dag kom hulle horing-dronk en so rooi soos krewe gebrand uit die dam uit, pak op en ry gesuip huis toe so vinnig soos hulle kan en bewaar jou siel as jy voor Bootman inry! Dan flits die ligte 500m vêr al.
Daar is soveel mense wat bote besit en die ding vir iets gebruik. Ek weet van mense wat stil stil die boot gebruik om nader aan watervoëls te kom om hulle af te neem. Die enjin word gereeld heeltemal afgeskakel om beter foto’s te kan neem en die stilte van ‘n vroeg oggend op die rivier te geniet. Maar as hierdie ou sy boot dam toe vat lyk hy net so groot doos soos die tappit wat al wat leef en beef op ‘n knop wil gaan jaag met sy raserige boot en cooler-boks vol bier.
Sies vir julle. Ek hoop een mistige dag op Harties wis julle almal mekaar uit in die grootste water ramp sedert die Titanic! Die vis lewe sal weer eendag herstel van die duisende liters oop bier wat in die dam gestort word maar daarna gaan dit lekker wees.
1 comment1 Comment so far
Wat is jou gedagtes?

As jy blikke en grasse en allerhande kak en hare agter jou fiets vasgemaak het toe jy klein was of jy het iemand beny wat dit gedoen het dan val jy in die raasgat vervoermiddel kategorie. Sommige van ons het dit ontgroei maar ek moet se dat ek daarvan hou om elke nou en dan op of in n windgat ding rond te spin net vir die fok daarvan.
Na so n sessie vloei die bloed gewoonlik bietjie beter en jy het n goeie verskoning as jou wederhelfde negatiewe komentaar lewer oor jou nuwe oranje “racing team” oopknoop hemp met bypassende Veldfokus pet.
Die alternatief natuurlik is om na Rassie Groentemoer se plot net buite Carletonville te gaan. Rassie bied werkswinkels aan om jou te help om van spanning, ongewenste seks drange en n toksiese gestel ontslae te raak. Jy word toegerus met n paar biere natuurlik, n baseball bat, n kick ass swart pak en donkerbril soos daai op Men In Black en dan vaar jy in n mielieland in waar Rassie en sy crew n kakhuis vol voelverskrikkers uit groente gebou het. Jy moer pampoene dat die kak wit sit en dan sluit jy die middag af met nog n paar biere en n paar tots witblits vir die detoks natuurlik.