Ek het gister Bucket List gekyk. Dit is nou die fliek met Jack Nicholson en Morgan Freeman wat die hoofrolle vertolk van ‘n hoogs onwaarskynlike vriendskap wat ontwikkel tussen twee ouens wat weet hulle gaan die emmer skop, en nou ‘n lys van goed wat hulle wil doen voor dit gebeur, deurwerk.
Die voorskou is so liggies misleidend, want dit lyk soos ‘n lawwe, lag jou gat af fliek met twee ou ballies wat resies jaag en valskerm spring.
Moet my nie verkeerd verstaan nie, dit is baie snaaks, maar die fliek het heelwat meer diepte en siel as net dit.
Behalwe die uitstekende toneelspel, waar albei hoofrolle hulle skoene behoorlik volstaan, is dit ‘n filosofiese, soms hartseer fliek wat jou laat dink aan jou eie lewe en of jy hom behoorlik leef.
Die fliek doen al hierdie wonderlike dinge sonder om soetsappig en sentimenteel te raak.
As daar iets is wat ek nie kan vat nie, is dit ‘n fliek wat jou forseer om iets te voel. Wat elke druppel tragedie en drama uit ‘n ding wil mergel omdat die regisseur dink jy is te fokken onnosel om dit te snap. Bucket List kry dit reg om net die storie uitstekend te vertel en die gevoelens aan jou oor te laat.
Ek gee die fliek 5 uit 5 punte omdat hy my vermaak het vir ‘n uur en ‘n half sonder om my intelligensie te onderskat.
Geen.



Great
moet net nie dat dit ‘n blog raak van trilwillem se dag nie.
Nog minder ‘n TV resensie web blad
asseblief
dankie – sal maar die fliek gaan kyk