
Casper het hierdie kwyt geraak op sy Facebook profiel: “Ag Here, hoekom lyk mens altyd so kak op ’n paspoortfoto? My nuwe een laat my lyk soos ’n fokken serial killer wat ná ’n bosbrand reconstructive surgery op sy gesig ontvang het deur ’n Kubaanse dokter”
Ek weet nie van jou nie, maar dit is vir my bliksems snaaks. Ek het gedink dat enigiemand wat al ooit ‘n Casper show of dvd gekyk het, sou verstaan dat gekruide taal en ‘n algemene skurfgeit deel is van die pakket, dit is 30% van die fokken snaaks van die man! Kan jy nou glo dat daar mense was wat daai sin gelees het, en in plaas van lag het hulle gedink “Nee, sies, mens gebruik nie ‘Here en ‘fokken’ in dieselfde paragraaf nie”. Wie is so bliksems arrogant dat hulle glo hulle het alleenreg op God?! En wat de donder soek hulle op Casper se Facebook profiel!? En hoe het iemand wat so onnosel is geleer om ‘n rekenaar te gebruik?
Christene kan nie eers saamstem oor goed soos doop of watter liedjies om te sing nie, maar hulle wil vir mense wat nog nooit hulle eie geloof verduidelik of verklaar het nie, voorskryf oor hoe om God se naam korrek te gebruik! Ek het die absolute reg om te glo in ‘n god wat nie omgekrap raak omdat iemand sy naam gebruik nie (ek praat van ‘n god nie die God nie, so ek gebruik die klein letter ‘g’). Fokkit man, ek kan glo in ‘n god wat mal is daaroor om sy naam so veel as moontlik te hoor. Ek het die volste reg om in enigiets te glo wat ek fokken wil. Die feit dat ek Afrikaans is, maak my nie deel van daai drolle se geloof nie, en dit maak my die bliksem in dat hulle my onder dieselfde twee-gesig, skynheilige, stoerse, deur-die-kak kam skeer.
Ek weier om te glo in ‘n god wat mense na ‘n ewige hel toe verdoem omdat hulle iets so snaaks en ligtelik bedoel kwyt geraak het. Ek weier om te glo in ‘n god wat poepholle wat ander mense na ‘n ewige hel toe verdoem namens hom, sy ‘kinders’ noem.
Ek fokken weier, en daar is niks wat hulle kan doen om my te maak glo in daai god nie.
Jammer, ek hou op rook en my humeur is korter as Julius Malema se geheue.
Geen.

