Sep 21

Casterisimanja, haar naam het dit eintlik weggegee.

Category: Uncategorized

caster-semenya-pictures-4 Foto van HIER af.

Hel ouens, ek kry vir Caster Semenya regtig jammer. Hierdie hele politiese kakstorm, en waaroor dit eintlik gaan is oor haar privaat dele, of gebrek aan sekere privaat dele, of surplus privaat dele, of selfs privaat dele wat goed doen wat hulle eintlik nie moet doen nie. As die hele land my een-oog broekslang bespreek het, sou ek op gratis aflewering pizza geleef het, maar ek sou nie my gesig wys buite my huis nie.

Die rede hoekom ek haar eintlik jammer kry is soos volg: As ek gebore was as ‘n hemelkind, of sonder ‘n regter been, of self met ‘n groeisel op my linker skouer wat lyk soos Julius Malema (die groeisel sou natuurlik meer kapasiteit tot logiese denke gehad het), en ek het so bietjie talent gewys in iets soos gewigstoot, sou daar vir my plek gemaak gewees het. Ek sou elke 4 jaar na die spesiale Olimpiese spele gegaan het, en en in my eie klas kompeteer het. Ek sal ook amper gewaarborg wees van ‘n medalje, want die “Mans met groeisels wat lyk na Suid Afrikaanse politiese figure” afdeling kan seker nie baie groot wees nie. Arme Caster Semenya, mag nou net mooi fokken nĂªrens deelneem nie.

As ons gaan diskrimineer op grond van genetiese voordele, soos ons reeds doen, want vrouens en mans neem nie teen mekaar deel nie, sou ons ‘n aparte afdeling vir wit mans gehad het. Wanneer laas het jy ‘n wit naelloper gesien? Die feit dat ek wit is, diskwalifiseer my van enige van die naelloop sporte. Ek het ‘n genetiese agterstand, kan ek dalk in die Spesiale Olimpiese Spele deelneem? Nee, want ek is nie ‘spesiaal’ genoeg nie. Dalk moet alle swart mans gediskwalifiseer word, want hulle het duidelik ‘n genetiese voorsprong? En alle blanke mans moet natuurlik dan uit die swembad verban word.

Ek kry vir Caster jammer, want sy kan nie help dat sy met ‘n genetiese voordeel gebore is nie. Sy was nie ‘gelukkig’ genoeg om met ‘n nadeel gebore te word nie, en nou moet sy daar onder ly.

Ek praat sommer ‘n klomp kak oor aparte afdelings en goed, ek probeer maar net wys hoe onregverdig die lewe eintlik is.

Vertel vir jou tjomme:
  • Digg
  • Sphinn
  • del.icio.us
  • Facebook
  • Google Bookmarks
  • Propeller
  • Reddit
  • Slashdot
  • Technorati
  • StumbleUpon
  • laaik.it
  • muti
  • Yahoo! Buzz
  • email
  • FriendFeed
  • Yahoo! Bookmarks
No comments

Geen gedagtes

Wat is jou gedagtes?