Archive for the 'Glo jy die kak?' Category

‘Volwasse’ tema restaurant in geskil met Nando’s

July 17th, 2009 | Category: Glo jy die kak?
Die logo waaroor Nando's so ontsteld is

Die logo waaroor Nando's so ontsteld is

Blackie de Wit van Kemptonpark is dalk diep in die sop nadat hy, volgens Nando’s se regsverteenwoordigers, “blatant gepoog het om op Nando’s se sukses en uitstekende bemarking te teer”.

Blackie wou ‘n restaurant open vir seksueel avontuurlustige paartjies, en sê dat die ooreenkoms in logo’s blote toeval is – “Dit is hoe dildo’s lyk, en die S&M ouens gaan mal vir swart en rooi…..”

Mnr de Wit sê ook hy sal die saak met alles in sy vermoë beveg – “Ek het klaar die swings, rubber matrasse, meganiese bul en ‘n honderd en vyftig liter smeermiddel gekoop! Weet jy hoeveel kos die goed met die Rand wat so swak is?”

3 comments

Hier kom ‘n ding!

July 16th, 2009 | Category: Glo jy die kak?

Bring die KY Jelly!

Ek het dit al gesê, maar gaan loer bietjie by www.somethingawful.com. Nie alles is snaaks nie, maar elke nou en dan is daar ‘n classic soos die een. Die ou het net daai KY buisie bygesit, en die hele ding verander van twee ouens wat stoei na iets vreesaanjaend en onsedelik. Snaaks hoe die ou in die rooi se gesig sommer meer vasbeslote lyk as wat dit moet. Ek dink nie ‘mans enkels rofspyker’ gaan ooit populêr raak nie, maar dit is dalk net ek?

No comments

Ek is jammer dat ek nie ‘n Michael Jackson aanhanger is nie!

July 08th, 2009 | Category: Glo jy die kak?

michael-jackson-neverland

Een van die grootste foute wat jy in jou lewe kan maak, is om te dink dat ander mense net soos jy dink. Ons het almal daardie geneigdheid, maar jy MOET dit beveg!

Jy mag dalk dink die kyk in mense se oë as hulle jou ge-’dropte’ GTi, met die vlerkie, ‘split rims’ en neon ligte sien, intense jaloesie en hunkering is. Dit is nie. 8 uit 10 keer is dit verbasing. Verbasing dat iemand so groot poephol kan wees sonder om dit te weet.

Die koerante doen dit nou al weke lank met my. Hulle basuin Michael Jackson se lof uit. Hulle gebruik terme soos “verbysterende talent”, “koning van pop” en so aan met taalgebruik wat dit as vanselfsprekend aanvaar dat jy een honderd persent saamstem.

Ek is regtig jammer om julle teleur te stel, maar ek het nooit regtig van die ou gehou nie. Hy het so paar heel skaflike liedjies geskryf, ek dink nou aan ‘Beat It’, ‘Bad’ en ‘Billy Jean’, maar ek is nie een van die honderde miljoene wat ‘n album gekoop het nie. Sy stem, met die sluk sluk, en die gehikkery, raak vir my net te rof. Hy is ook ‘n moeilike ou om erstig op te neem, en nog moeiliker om te verafgod, soos hierdie (Rian van Heerden) ou aanneem ons almal gedoen het.  Ek besef ek is in die minderheid, so ek bly stil en blaai verby die artikels.

Die ander mense wat ook redelik baie dinge veronderstel wat nie noodwendig waar is nie, is die mense wat Michael Jackson grappies aanstuur met sms’e en e-posse. Die feit dat hy dood is, is vir my ongemaklik hartseer omdat dit so pateties was. Daar gaan hy, amper stoksielalleen, behalwe vir die mediese personeel, met ‘n suurstof maskertjie oor sy vernielde plastiek gesiggie, aan ‘n hartaanval dood, wat dalk aangehelp is deur die ontsaglike hoeveelheid medikasie wat hy wou/moes gebruik het. As dit vir jou lagwekkend is, moet jy dalk diepe selfondersoek doen, en miskien selfs professionele hulp kry.

Niemand sal weet of hy regtig ‘n pedofiel was of nie, en net soos met Jacob Zuma se korrupsie aanklagte, sal niemand nou ooit weet nie. Dit is, met ander woorde, vir my moeilik om wraaksugtige gedagtes oor hom te koester.

Ek is nie besig om te kak en kla nie, ek sê maar net……..

4 comments

Die Kaapse Vlakte se eie Hannah Mintanne

June 26th, 2009 | Category: Glo jy die kak?

hannah_montana1

Nog nooit was die Kaapse Vlakte so trots op ‘n jong dame nie. Hannah Mintanne is die nuutste sing sensasie uit hul eie agterplaas. Maar Hannah self is baie beskeie, “Dit issie ‘easy’ om dit te ‘cut’ innie ‘music industry’ nie. Mense maak nie uit van allie ‘temptations’ en ‘pressure’ nie. Ek is net bly om my pa, ma, vier broers en sussie, my ‘uncle’ Bradley, sy familie, en Shane, my ‘boyfriend’ met die ‘panelbeaters’ te kan uithelp met al die geld wat ek nou so inkry”.

En kry sy geld in! Disney het haar onlangs ‘n kontrak aangebied en sy werk tans aan ‘n nuwe TV-reeks genaamd ‘Cape Flats Kids’ waar sy die rol vertolk van Smaailie Saairis, ‘n dogter met ‘n droom om groot roem te bereik en haar bes probeer om ‘n lewe van tik verslawing en prostitusie vry te spring.

Ons sien groot dinge kom vir die jong talent!

2 comments

Misdaad suig, punt.

May 29th, 2009 | Category: Filosofiese Snaaksgenoeg,Glo jy die kak?

funnyshirtmug2Nog foto’s hier.

Hier is ‘n hartseer storie van nog iemand wat geskiet is vir sy foon. Een uiterse kak ding wat gebeur as jy iets hoor wat soveel suig, is dat jy graag minder kak wil voel deur so bietjie skuld op die slagoffer te wil plaas. Almal doen dit, dit is ‘n leuen wat jy jouself vertel om minder sleg te voel oor die ding. As jy byvoorbeeld verby ‘n kar ongeluk ry, wil jy graag dink – ‘maar hulle het te bliksems vinnig gery’, of as iemand geskiet is vir ‘n foon wil jy graag dink – ‘hy het seker terug baklei of iets’. Dit is maar normale menslike gedrag, en normale menslike gedrag is maar gewoonlik onnosel. Dit is hoekom dit mens so verskriklik pla as iets met ‘n kind of hond gebeur, want wat kon die kind of hond nou gedoen het wat die hele ding so bietjie meer aanvaarbaar kan maak? En as jy nie aan iets kan dink nie, raak jy EERS die bliksem in vir die persoon wat dit gedoen het.

In die storie wat ek hierbo na verwys, is een van daai goed wat my nog so bietjie klein kry, my gat se deksel met ander woorde. Die ou se ma sê hy is geskiet vir niks nie want hulle het dan sy 4×4 Mercedes gelos, en dit maak volgens haar die hele ding so bietjie erger. Is dit regtig beter om vir jou 4×4 geskiet te word as vir ‘n selfoon of absoluut niks nie? Volgens my is die ou wat hom geskiet het net so groot fokker of hy dit vir die selfoon of die Mercedes gedoen het.

Ek hoop daar is ‘n spesiale hel vir die ouens wat die tipe goed doen, of dit nou vir ‘n selfoon of ‘n kar of watookal was. Ek hoop hulle moet sonder ooglede, vasgebind in ‘n stoel sit in ‘n kamer met die lugversorging op 1000 grade gestel, en die selfde reeks van Idols oor en oor kyk waar die deelnemers net Eden liedjies mag sing, “Honky tonk, my ou skedonk, ek’s ‘n mechanic maar ek gaan jou fonk” tot in die lengte van dae, fokkers!

2 comments

« Previous PageNext Page »