Archive for the 'Wat vang hulle aan' Category

Veilige aborsies vir vrouens……….en vir mans………WDF!?

March 02nd, 2010 | Category: Glo jy die kak?, Wat vang hulle aan

Is dit nie ongelooflik wat hulle deesdae kan doen nie?

Hierdie is ingestuur deur ‘n wakker Snaaksgenoeg leser. Wat dink jy bedoel Dr Lerato? Is dit dalk eerder ‘n ‘afworsie’ as dit vir mans gedoen word?

Dan is daar natuurlik die klein probleempie met ‘Same Day’, want wat is die alternatief? Ek sou hewig ontsteld wees as ek ingaan vir ‘n afworsie, en die dokter se vir my: “Dankie Mnr Beursie, kan jy more in kom, sodat ons kan klaar maak? O ja, moenie peuter aan die oop wond nie, jy sal spyt wees”.

No comments

Zuma, die super-pa!

February 05th, 2010 | Category: Wat vang hulle aan, Wie is 'n tril

Ek het lekker gelag vir die Zuma kamp se reaksie op die boehaai wat Zuma se 20ste kind ontketen het.

As jy nou nie lus het om al die heen-en-weer te lees nie, was dit basies iets soos: “En!? Hy is die president, en hy is Zoeloe, wat is julle probleem? Hy kry duidelik genoeg seks, soos dit hoort, en hy is ‘n regte man met ‘n goeie stel knaters. Natuurlik gaan hy ‘n klaskamer vol kinders verwek. WDF?”

Dit was vir my ongemaklik dat ons land jaarliks, vir 16 dae lank, herhinder moet dat jy nie vrouens en kinders moet mishandel nie – dit maak nou baie meer sin. Sekere goed is net nie voor die hand liggend vir almal nie.

5 comments

Bheki Cele en e.tv

January 25th, 2010 | Category: Wat vang hulle aan, Wie is 'n tril

Daar is nou groot kak oor e.tv wat nie wil sê waar om die self-erkende kriminele op te spoor wat hulle nou die dag mee gesels het nie.

Die volgende is aan Bheki Cele gerig:

Eerstens – Die media is nie daar om kriminele vas te trek nie. Hulle is daar om ons op hoogte te hou van goed. Goed soos die enorme hoeveelhede kak wat julle korrupte klomp fokkers aanjaag.  As hulle elke keer moes sê waar en hoe hulle die informasie gekry het, sal niemand met hulle praat nie, en dan gaan ons nie van al die kak uitvind nie. Dit is uiters eenvoudig.

Tweedens – Die mense by e.tv is nie Super-Ninja-C.S.I. New York-EfBiefokkenAai misdaad spesialiste nie. Jy hoef nie ‘n brein-chirurg te wees om so bietjie in taverns en taxi ranks rond te vra – “Ken jy kriminele wat wil kak aanjaag met toeriste gedurende die 2010 sokker ding?” nie. Dit gaan jou so paar lang biere kos en siedaar – informante! Jy kan nie vir e.tv kwaad wees omdat hulle gewys het hoe deur die kak jy is nie. Jy moet, in teendeel, dankbaar wees dat hulle jou gewys het hoe eenvoudig dit is. Gaan doen jy nou dieselfde ding, maar in plaas daarvan om hulle te laat gaan, soos e.tv, SLUIT DIE FOKKERS TOE! Dit is waarvoor ons jou betaal voorvel!

5 comments

Casper de Vries, Afrikaners en God

September 11th, 2009 | Category: Wat vang hulle aan, Wie is 'n tril

casper de vries

Casper het hierdie kwyt geraak op sy Facebook profiel: “Ag Here, hoekom lyk mens altyd so kak op ’n paspoortfoto? My nuwe een laat my lyk soos ’n fokken serial killer wat ná ’n bosbrand reconstructive surgery op sy gesig ontvang het deur ’n Kubaanse dokter”

Ek weet nie van jou nie, maar dit is vir my bliksems snaaks. Ek het gedink dat enigiemand wat al ooit ‘n Casper show of dvd gekyk het, sou verstaan dat gekruide taal en ‘n algemene skurfgeit deel is van die pakket, dit is 30% van die fokken snaaks van die man! Kan jy nou glo dat daar mense was wat daai sin gelees het, en in plaas van lag het hulle gedink “Nee, sies, mens gebruik nie ‘Here en ‘fokken’ in dieselfde paragraaf nie”.  Wie is so bliksems arrogant dat hulle glo hulle het alleenreg op God?! En wat de donder soek hulle op Casper se Facebook profiel!? En hoe het iemand wat so onnosel is geleer om ‘n rekenaar te gebruik?

Christene kan nie eers saamstem oor goed soos doop of watter liedjies om te sing nie, maar hulle wil vir mense wat nog nooit hulle eie geloof verduidelik of verklaar het nie, voorskryf oor hoe om God se naam korrek te gebruik! Ek het die absolute reg om te glo in ‘n god wat nie omgekrap raak omdat iemand sy naam gebruik nie (ek praat van ‘n god nie die God nie, so ek gebruik die klein letter ‘g’). Fokkit man, ek kan glo in ‘n god wat mal is daaroor om sy naam so veel as moontlik te hoor. Ek het die volste reg om in enigiets te glo wat ek fokken wil. Die feit dat ek Afrikaans is, maak my nie deel van daai drolle se geloof nie, en dit maak my die bliksem in dat hulle my onder dieselfde twee-gesig, skynheilige, stoerse, deur-die-kak kam skeer.

Ek weier om te glo in ‘n god wat mense na ‘n ewige hel toe verdoem omdat hulle iets so snaaks en ligtelik bedoel kwyt geraak het. Ek weier om te glo in ‘n god wat poepholle wat ander mense na ‘n ewige hel toe verdoem namens hom, sy ‘kinders’ noem.

Ek fokken weier, en daar is niks wat hulle kan doen om my te maak glo in daai god nie.

Jammer, ek hou op rook en my humeur is korter as Julius Malema se geheue.

No comments

Wat die weirdo’s Google

July 13th, 2009 | Category: Wat vang hulle aan
Hannah Mintanne was so gewild, hier is sy weer!

Hannah Mintanne was so gewild, hier is sy weer!

Dit is ongelooflik! As ek regtig kreatief probeer wees, sukkel ek om met die stront op te kom wat mense Google. Jy kan op jou blog se statistieke sien watter terme mense ge-Google het om by jou uit te kom.

So paar van my huidige gunstelinge is bv:

  1. “fotos van vagina van ‘n koei” – Ek hoop die een is vir ‘n skooltaak of iets, want ek sidder om te dink aan die tipe ou wat by die huis sit en draadtrek terwyl hy na foto’s van bees vulva kyk. SIES!
  2. “meisies wat naai” – Praat hy van ’she-males’? Hoekom Afrikaans? Alles klink skurwer in Afrikaans, maar as jy regtig op soek is na ‘meisies wat naai’, moet jy dalk eerder Engelse of selfs Russiese sites soek.
  3. “wat sê die Bybel oor bodybuilding” – Ek dink nie die Bybel sê veel van bodybuilding nie. Simson was een sterk bliksem en Goliat was ‘n moerse ou, maar ek kan regtig nie dink dat die Bybel ooit noem hoeveel rou eiers hulle geëet het of hoeveel kreatien hulle gebruik het nie. Die punt word net gemaak dat hulle sterk of groot was.
  4. “tiete borste boobs” – Hier is ‘n ou wat darem weet wat hy wil hê.
  5. “penis siektes” – Dalk nie die slimste ’search term’ nie. Want penisse raak nie siek nie, hulle eienaars raak siek omdat hulle hulle penisse druk waar hulle nie moet nie. Ek dink in elk geval jy moet eerder by ‘n dokter uitkom as jy vermoed dat jou penis ‘n ’siekte’ het.
  6. “draadtrek fotos” – Weereens die Afrikaans. Soek jy foto’s van draadtrek of vir draadtrek, daar is ‘n MOERSE verskil.
  7. “hoekom is ek gay” – Siestog.
  8. “woorde met seks in” – Wat? Soos “Sekskapade” of “Seksie”?
  9. “pick up lines afrikaans” – Hier is drie, “Vir ‘n vet meisie sweet jy min” en “As ek vir jou sou sê jy’t ‘n mooi gat, sou jy dit teen my hou?” en “Ken jy die verskil tussen orale seks en visvang?” (wag vir die ‘nee’) “Nou maar wil jy gaan visvang?”
  10. “bybel met skop” – Ek weet nie of jy gaan regkom nie. Soek jy vir die Nuwe Nuwe Vertaling of iets? “In die begin was daar net mooi ’sweet’ blou………….”
No comments

Next Page »