Archive for the 'Wat vang hulle aan' Category
Casper de Vries, Afrikaners en God

Casper het hierdie kwyt geraak op sy Facebook profiel: “Ag Here, hoekom lyk mens altyd so kak op ’n paspoortfoto? My nuwe een laat my lyk soos ’n fokken serial killer wat ná ’n bosbrand reconstructive surgery op sy gesig ontvang het deur ’n Kubaanse dokter”
Ek weet nie van jou nie, maar dit is vir my bliksems snaaks. Ek het gedink dat enigiemand wat al ooit ‘n Casper show of dvd gekyk het, sou verstaan dat gekruide taal en ‘n algemene skurfgeit deel is van die pakket, dit is 30% van die fokken snaaks van die man! Kan jy nou glo dat daar mense was wat daai sin gelees het, en in plaas van lag het hulle gedink “Nee, sies, mens gebruik nie ‘Here en ‘fokken’ in dieselfde paragraaf nie”. Wie is so bliksems arrogant dat hulle glo hulle het alleenreg op God?! En wat de donder soek hulle op Casper se Facebook profiel!? En hoe het iemand wat so onnosel is geleer om ‘n rekenaar te gebruik?
Christene kan nie eers saamstem oor goed soos doop of watter liedjies om te sing nie, maar hulle wil vir mense wat nog nooit hulle eie geloof verduidelik of verklaar het nie, voorskryf oor hoe om God se naam korrek te gebruik! Ek het die absolute reg om te glo in ‘n god wat nie omgekrap raak omdat iemand sy naam gebruik nie (ek praat van ‘n god nie die God nie, so ek gebruik die klein letter ‘g’). Fokkit man, ek kan glo in ‘n god wat mal is daaroor om sy naam so veel as moontlik te hoor. Ek het die volste reg om in enigiets te glo wat ek fokken wil. Die feit dat ek Afrikaans is, maak my nie deel van daai drolle se geloof nie, en dit maak my die bliksem in dat hulle my onder dieselfde twee-gesig, skynheilige, stoerse, deur-die-kak kam skeer.
Ek weier om te glo in ‘n god wat mense na ‘n ewige hel toe verdoem omdat hulle iets so snaaks en ligtelik bedoel kwyt geraak het. Ek weier om te glo in ‘n god wat poepholle wat ander mense na ‘n ewige hel toe verdoem namens hom, sy ‘kinders’ noem.
Ek fokken weier, en daar is niks wat hulle kan doen om my te maak glo in daai god nie.
Jammer, ek hou op rook en my humeur is korter as Julius Malema se geheue.
No commentsWat die weirdo’s Google

Hannah Mintanne was so gewild, hier is sy weer!
Dit is ongelooflik! As ek regtig kreatief probeer wees, sukkel ek om met die stront op te kom wat mense Google. Jy kan op jou blog se statistieke sien watter terme mense ge-Google het om by jou uit te kom.
So paar van my huidige gunstelinge is bv:
- “fotos van vagina van ‘n koei” – Ek hoop die een is vir ‘n skooltaak of iets, want ek sidder om te dink aan die tipe ou wat by die huis sit en draadtrek terwyl hy na foto’s van bees vulva kyk. SIES!
- “meisies wat naai” – Praat hy van ‘she-males’? Hoekom Afrikaans? Alles klink skurwer in Afrikaans, maar as jy regtig op soek is na ‘meisies wat naai’, moet jy dalk eerder Engelse of selfs Russiese sites soek.
- “wat sê die Bybel oor bodybuilding” – Ek dink nie die Bybel sê veel van bodybuilding nie. Simson was een sterk bliksem en Goliat was ‘n moerse ou, maar ek kan regtig nie dink dat die Bybel ooit noem hoeveel rou eiers hulle geëet het of hoeveel kreatien hulle gebruik het nie. Die punt word net gemaak dat hulle sterk of groot was.
- “tiete borste boobs” – Hier is ‘n ou wat darem weet wat hy wil hê.
- “penis siektes” – Dalk nie die slimste ‘search term’ nie. Want penisse raak nie siek nie, hulle eienaars raak siek omdat hulle hulle penisse druk waar hulle nie moet nie. Ek dink in elk geval jy moet eerder by ‘n dokter uitkom as jy vermoed dat jou penis ‘n ‘siekte’ het.
- “draadtrek fotos” – Weereens die Afrikaans. Soek jy foto’s van draadtrek of vir draadtrek, daar is ‘n MOERSE verskil.
- “hoekom is ek gay” – Siestog.
- “woorde met seks in” – Wat? Soos “Sekskapade” of “Seksie”?
- “pick up lines afrikaans” – Hier is drie, “Vir ‘n vet meisie sweet jy min” en “As ek vir jou sou sê jy’t ‘n mooi gat, sou jy dit teen my hou?” en “Ken jy die verskil tussen orale seks en visvang?” (wag vir die ‘nee’) “Nou maar wil jy gaan visvang?”
- “bybel met skop” – Ek weet nie of jy gaan regkom nie. Soek jy vir die Nuwe Nuwe Vertaling of iets? “In die begin was daar net mooi ‘sweet’ blou………….”
Oraait, so dit is Joost in die video…..

Ek het weer my vrou se Heat gelees en daar is ‘n artikel in waar die meisie in die video nou uitgekom het met die hele ou siek spul. Dit behoort nou redelik duidelik te wees dat dit wel Joost is in die video.
Hoe groot poephol kan iemand wees? Ek dink Joost het ‘n nuwe standaard gestel. As daar iets soos ‘n Richter skaal vir poephol-geit was, het hy op ‘n 9.2 geregistreer.
Die Worsbeursie Poephol skaal:
- 5.4 Jy verneuk op jou vrou met ‘n ontklee danseres en snuif dwelms.
- 6.8 Jy verneuk op jou vrou met ‘n ontklee danseres en snuif dwelms. Jy word gevang.
- 8.2 Jy verneuk op jou vrou met ‘n ontklee danseres en snuif dwelms. Jy word gevang, ontken die hele ding en sê “My hart is by die Here” en sodoende maak jy alle Christene lyk soos leuenaars en hoereerders vir mense wat dit lank al wil glo.
- 9.2 Jy verneuk op jou vrou met ‘n ontklee danseres en snuif dwelms. Jy word gevang, ontken die hele ding en sê “My hart is by die Here” en sodoende maak jy alle Christene lyk soos leuenaars en hoereerders vir mense wat dit lank al wil glo. Dan huur jy vir Mike Bolhuis om die mense wat die video geneem het te probeer opspoor om die storie te verander of te ontken.
Daar is baie mense wat glo dat Joost ‘mentally challenged’ is. Ek weet nie, is dit moontlik dat sy Medulla Rugbyata so groot ontwikkel het dat die res van sy brein te min suurstof gekry het? Dit is dalk net makliker om te glo dat hy fokken onnosel is as om te glo dat hy regtig ‘n gemene, agterbakse dwelmgebruiker en seksverslaafde is.
Net vir die rekord, ek dink nogsteeds die tabloid tydskrifte soos Heat is aasvoëls wat teer op ander mense se ongeluk, facelifts, boob-jobs, selluliet en gebroke huwelike en verhoudings.
No commentsAl weer daai bliksemse fietsryers!

Gaan lees hierdie tragiese verhaal.
Lees veral die kommentaar op die artikel. 99% van hulle hou nie van fietsryers nie, en glo hulle ry soos bobbejane. So 10% van hulle klink eintlik sommer net moorddadig.
Paar goed wat my opgeval het was 1. Die twee middelste fietsryers is getref deur ‘n lorrie. Hoe bliksems vêr het hierdie ouens van mekaar af gery? As ‘n lorrie deur jou groepie fietsryers kan ry en net twee tref, moet jy dit dalk oorweeg om FOKKEN AGTER MEKAAR TE RY! 2. Die artikel se opskrif is dat fietsryers vrees vir hulle lewens. Dit is onwaar. Die fietsryers wat ek op die pad teekom het volgens my die idee dat ‘n swaar gepantserde Sherman tenk homself in sy moer in sal ry as hy volspoed in hulle vasjaag. Jy sal net parte, wiele en bearings sien spat.
Ek is nou eintlik al uitgepraat oor die stront. Hulle gaan nie leer nie, en die fietsryers wat wel soos grootmense die pad gebruik sal na ‘n ruk die enigste outjies op die pad wees. Ek deel met die grootste graagte met daai ouens die pad.
No commentsWat is in ‘n naam?

Hierdie arme ou sukkel seker deur die lewe met daai naam.
Ek het al ‘n paar ouens geken wat hulle gatte aflag vir ouens met vreemde, en soms nie so vreemde, name. As die naam nie snaaks is nie dan maak hulle hom snaaks. “Potgieter……..Pottie, HUHUH Pottie-Tottie, HUHUHUHU, Pottie-Tottie, Pottie-Tottie. Hy Pieter, ontmoet vir Pottie-Tottie, HUHUHUHUHU”. Hulle is gewoonlik nie die skerpste messe in die laai nie. Van daai ouens sou in hulle broeke geblerts het vir ‘Mike Litoris’, as hulle hom kon uitwerk.
My sussie het ‘n klient met die naam Peter Niss gehad. Die dowwerd het op sy besigheidskaartjie ‘P. Niss’ gesit. Toe kom sy in die kak want sy het natuurlik gegiggel, wie sou nie?
Ek het gehoor van ‘n ou wat Carel Monster was, C. Monster, hy verander dit toe na C. Mostert, seker agv al die drolle waarvan ek vroeer gepraat het, “HUHUHUHUHU C. Monster, Seemonster, HUHUHUHU, hey Sarel Seemonster, HUHUHUHUHU”. Daar is ernstige drolle in die lewe, kan jy nie net later in jou kantoor lag nie? Hoeveel plesier kan jy daaruit put om iemand te laat sleg voel oor sy naam? Dit is nie asof hy met geboorte gesê het “Hoor hier Ma, Pa, ek het gedink oor die naam wat julle my gegee het, en ek dink ek verkies, Derrick, Derrick Hak of dalk Naas, Naas Bestaande” nie.
Ten spyte van als wat ek sopas kwyt geraak het, Mike Litoris is bliksems snaaks.
No comments