Slipknot se baskitaarspeler, Paul Gray is oorlede, in uitstekende ruk-en-rol styl – dood gevind in ‘n hotelkamer. Ek dink die Hel se snaar-seksie is opgewonde oor die nuwe toevoeging en Oom Nick homself het die ‘familie grootte’ pot Vaseline se prop oop, en hy het die dag af gevat.
Archive for the ‘Wie is ‘n tril’ Category
Slipknot se baskitaarspeler skop die emmer, doef doef, da-da, doef pshhhh!
Zuma, die super-pa!
Ek het lekker gelag vir die Zuma kamp se reaksie op die boehaai wat Zuma se 20ste kind ontketen het. As jy nou nie lus het om al die heen-en-weer te lees nie, was dit basies iets soos: “En!? Hy is die president, en hy is Zoeloe, wat is julle probleem? Hy kry duidelik genoeg [...]
Bheki Cele en e.tv
Daar is nou groot kak oor e.tv wat nie wil sê waar om die self-erkende kriminele op te spoor wat hulle nou die dag mee gesels het nie. Die volgende is aan Bheki Cele gerig: Eerstens – Die media is nie daar om kriminele vas te trek nie. Hulle is daar om ons op hoogte [...]
Afrikaans = Rassis
Ek raak so die bliksem in as mense my in ‘n boks druk omdat ek Afrikaans is. Nie almal doen dit nie. Die meerderheid van mense verstaan dat almal individue is, maar daar is die onnosel drolle wat jou sommer klaar groepeer gebaseer op jou taal, jou haarstyl of op die kar wat jy ry. [...]
Casper de Vries, Afrikaners en God
Casper het hierdie kwyt geraak op sy Facebook profiel: “Ag Here, hoekom lyk mens altyd so kak op ’n paspoortfoto? My nuwe een laat my lyk soos ’n fokken serial killer wat ná ’n bosbrand reconstructive surgery op sy gesig ontvang het deur ’n Kubaanse dokter” Ek weet nie van jou nie, maar dit is [...]

