Archive for the 'Wie is ‘n tril' Category

Klein drol!

October 13th, 2008 | Category: Wie is 'n tril

My pa het gesê julle moet met my speel! Hy sê ek kan speel en as hy so sê dan is dit so want my pa is ‘n held. As julle nie saam met my wil speel of eet of stort nie dan gan ek OP MY TRUI KOTS! WHAAAAAAAH!

I don’t hate Afrikaners, says angry Watson.

Luke se pa se opinie.

“Ek wil opgooi op my trui”.

1 comment

Bob Mugabe lippe lees strokiesprent

July 15th, 2008 | Category: Wie is 'n tril


No comments

Gee my die eerste 100 biljoen in twintigs asseblief.

May 06th, 2008 | Category: Wie is 'n tril

Bewys dat dagga met jou kop rondfok? Hierdie is ‘n goeie begin.

Hierdie trilwillem roker het probeer om ‘n tjekkie vir $360 000 000 000 te wissel by sy plaaslike bank. Hoe gerook moet jy wees om met hierdie kak idee vorendag te kom? Dit is die bruto binnelandse produk van Griekeland vir vark steaks! Bill Gates wens hy kan so tjek wissel. Ek wonder of hierdie ou gedink het aan hoe hy die lorrie vol note daar gaan uitkry?

Net vir die grap moes die bank saamgespeel het. Vat hom in die kluis in, wys hom al die pakke geld en vra hom of hy tevrede sal wees met net die eerste $2 000 000 totdat hulle die res kan bymekaar skraap.

‘Gaan groot of gaan huis toe’ is ‘n ou gesegde, maar soos baie gesegdes (‘n voël in die hand is beter as ‘n steek in die bos om een te noem) is dit eintlik net ‘n goeie idee op papier maar uiters kak in die praktyk. Soveel te meer as jy lekker gerook op jou gat voor die televisie sit en stront uitdink om jou luilekker leefwyse vir ewig te kan voortsit.

No comments

Bob Mugabe, Waddefok?

April 14th, 2008 | Category: Wie is 'n tril

Waddefok is dit met Bob Mugabe?

Enige poephol weet as hy nie meer welkom is nie. Is dit nie die kakste gevoel ooit nie? Jy maak ‘n ou onskuldige grappie oor hemelkinders of alkoholisme en dan is jy die drol in die drinkwater, die vlieg in die salf, die ‘staple’ in die kondoompakkie. Hoe de donner bly jy dan by die partytjie? Jy maak jou verskonings en gaan huis toe.

Nie ons vriend Bob nie! Hy is daai dronkgat by die partytjie wat jou girl en jou ma probeer op-chat en dan gaan “Wat?! Wat…..kan julle ouens nie eers ‘n ou grappie vat nie!?” Almal ken daai poephol. Hy haal asem in jou gesig, bum jou sigarette en drink jou bottel Johnny Walker op. Hy pis almal se batterye papnat en die partytjie raak ‘n beslommernis maar hy kry nie die ‘vibes’ dat almal wens hy wil in sy spoeg verstik en doodgaan nie. ‘Vat nog so paar drankies en vou jou kar om ‘n brugpilaar jou tros’- is wat almal dink. Maar jy durf nie vir hom sê nie! O nee! Hy sal begin glase breek en karre krap. Daarna gaan hy in sy dronk verdriet in en begin huil oor hoe lief hy almal het en hy so useless vriend is………….oraait oraait, dit is net die dronk ou en nie Bob nie. Maar jy weet wat ek bedoel.

Ek wil net graag vir Bob sê: As mense hulle lewe waag en vir die ander ou stem (wat nie eers ordentlik kon ‘campaign’ nie) beteken dit net een ding! Moenie loop nie Bob, FOKOF!

1 comment

« Previous Page