Jun 10

Chris Rock maak rassistiese grappe, en ek lag my gat af.

Category: Wat ek gedink het

Ek en Trilwillem het Sondag na Chris Rock se laaste show op die Suid-Afrikaanse toer gaan kyk.

Ek het my gat af gelag.

Dit was ongelooflik om te sien dat nie een demografiese groep sterk verteenwoordig was nie. Daar was van ge-dreadlock-de wit studente tot swart huisvroue. Daar was van kleurling daggarokers (langs my) tot ‘n ma en haar seun (ander kant langs Trilwillem).

Ek dink die gebrek aan een groep van mense is te wyte aan Chris Rock se styl van komedie en persoonlikheid. Dit is wonderlik om ‘n swart man te sien wat trots is daarop om swart te wees en skaam kry en kwaad raak vir die kak wat ander swart mense kan aanjaag (net soos ek skaam kry vir vêr regse, brandewyn drinker, bebaarde dose wat die ou SA vlag na ‘n Bok van Blerk konsert toe vat). Hy spot met wit ouens, maar ek het nie een keer ‘n swartgalligheid opgetel nie. Hy het ‘n moerse probleem met die verkrampte oor-polities korrekte stront wat nou, meer as ooit, die rondte doen. Hy sê goed wat ons almal weet maar nie mag sê nie.

In kort, ek was baie beïndruk. Met die komedie en met die Chris self.

As jy kan, koop ‘n dvd en moenie net die goed op Youtube kyk nie. Dit is die moeite werd.

Een waarskuwing, moenie Chris Rock saam met jou ma kyk nie, jy gaan jou fokken doodskaam. Soos die arme outjie langs my die harde manier uitgevind het.

Vertel vir jou tjomme:
  • Digg
  • Sphinn
  • del.icio.us
  • Facebook
  • Google Bookmarks
  • Propeller
  • Reddit
  • Slashdot
  • Technorati
  • StumbleUpon
  • laaik.it
  • muti
  • Yahoo! Buzz
  • email
  • FriendFeed
  • Yahoo! Bookmarks
No comments

Geen gedagtes

Wat is jou gedagtes?