cuz im a ritard

Ek voel ek wil ‘n aar bars elke keer wat ek iemand sien wat sy eie taal so verskriklik verkrag. In die foto spot hulle met so poephol op ‘n forum.

Jy sien dit meer op die ‘gaming’ forums en so aan, maar dit raak al hoe meer algemeen. Dit is vir my vreeslik ongeskik. Die ekwivalent sou wees om in jou neus te krap, met jou knaters te speel (pocket pool) en elke nou en dan ‘n lekker groot ghillie uit te spoeg voor jou skoene terwyl jy met iemand praat.

Dit is vir my ‘n teken van die tye. Ouers werk al hoe harder om aan hulle kinders se al-hoe-meer eksotiese wense te voldoen. Skateboards, iPod’s, selfone en ‘n magdom ander kak. Hulle werk so hard dat hulle nie by die huis is om die klein kakhuise te gee wat hulle regtig nodig het nie, hulle blerrie ouers! Ons lag lankal lekker vir hoe deur die kak die Amerikaners is. Kyk net hier byvoorbeeld. Wie laaste lag……… is die stadigste…. nee, wat ek eintlik wou sê is dat hulle nog lekker gaan lag as ons gewone klaskamers die ‘spesiale’ klas is en daar so klein groepie outjies is wat hulle naam kan spel sonder om in ‘n sweet uit te slaan. Dit is regtig die klein goedjies soos “borsel jou tande”, “moenie oopmond kou nie” en “jy kan nie daai in die kat se poeper insit nie!” wat ‘n verskil maak. Sommer ‘n algemene ordentlikheid wat ons ‘n gemeenskap maak.

Ek sien op baie van die forums skop hulle jou sommer af as jy begin met “cuz doodz, that fukking game is da shit! it so totully roks!”. Hoera vir hulle! As jy weer so peester op ‘n forum raakloop sê vir die klein puisgesig waar hy sy kak taal kan druk. So kan dit nie aangaan nie kêrels.

Geen.

You can leave a response, or trackback from your own site.

Leave a Reply

*

Subscribe to RSS Feed