Aug 12

Daai is my bliksemse kaasbroodjie!

Category: Wat vang hulle aan

Ek is mal oor vleis braai. Een van my gunsteling dinge by ‘n braai is ‘n geroosterde kaas en uie broodjie. Ek sien braai amper as ‘n verskoning om kaas en uie broodjies te maak. So bietjie peper en stadig gebraai tot die kaas begin smelt, en ek sal my ouma verkoop as ‘n seks slaaf.

Jy sal dalk agter gekom het ek sê ‘kaas en uie broodjie’ en nie ‘kaas, tamatie en uie broodjie’ nie. Dit is omdat rou tamatie reguit uit die hel is. Ek kan dit nie in my keel afkry nie.

Ek vat nou lank om tot die punt te kom, maar dit is belangrik dat jy besef 1. Ek is MAL oor kaas en uie broodjies en 2. Ek dink tamatie buk vir Bob Mugabe.

Ek is altyd baie puntenerig oor die broodjies en hou altyd aan sê ‘Kyk uit vir broodjies sonder tamatie, hulle is myne’.

Nou kan jy jou dalk die moorddadige, jou-dooie-bliksem! gedagtes indink wat deur my kop gaan as ek iemand hoor sê, nadat ons opgeskep het “Aag nee, myne het nie tamatie op nie. Aag wat ek sal hom nou maar eet”.

Daar is altyd so penis in iemand se lewe. Dit is dieselfde tipe van selfsugtige, onoplettende fokker wat voor jou in die buffet (hetsy troue, restaurant of funksie) ry by die slaai uitkom en ewe selfvoldaan sê “Oe! Ek is MAL oor feta kaas!” terwyl hy die laaste stukkie feta kaas uit die slaaibak uitsoek en daar so hoop in sy bord is. As ek nie so ordentlik was nie sou ek gegil het “Almal is fokken mal oor feta jou dom drol, en almal weet almal is fokken mal oor feta, dit is hoekom hulle die ordentlikheid het om nie alles te vat soos jy nie!”

Ek hoop die regter verstaan eendag as ek van moord aangekla word as ek daai slaailepel gebruik om een van die gewetenlose bliksems se hart uit te grawe.

Vertel vir jou tjomme:
  • Digg
  • Sphinn
  • del.icio.us
  • Facebook
  • Google Bookmarks
  • Propeller
  • Reddit
  • Slashdot
  • Technorati
  • StumbleUpon
  • laaik.it
  • muti
  • Yahoo! Buzz
  • email
  • FriendFeed
  • Yahoo! Bookmarks
5 comments

5 Comments so far

  1. Hester August 22nd, 2008 1:38 pm

    Het op jou site afgekom via Jeremy Nell se site…

    Ek het nooit uie op my broodjies geëet nie, so my ma het ‘n klein hoekie van die broodjie se punt afgesny en dan het almal geweet dat dit myne was.

    Deesdae sit ek die broodjie eers vir so 30 sekondes in die microwave sodat die kaas so bietjie smelt en dan op die kole… Dan raak die broodjie nie te crispy nie. O, en smeer ‘n bietjie botter aan die buitekant van die brood terwyl dit op die rooster is! Yummy!

  2. Worsbeursie August 22nd, 2008 2:25 pm

    Great idees, veral die botter terwyl hy braai. Die feit dat jy nie uie eet nie ontstel my so bietjie maar die feit dat jy my humorsin gekomplementeer het op Jeremy se site maak jou net mooi gelyk.

    As jy wil opgaan in die Worsbeursie ranglys sal jy gereeld hier moet inloer en nog oulike comments maak.

  3. KnopKop July 19th, 2009 9:07 pm

    Ek laaik ook nie tamaties op braaibroodjies nie – tamaties hoort in pasta sous, finish en klaar. Wat wel moer lekker is, is ‘n braaibroodjie met kaas, baie uie en ‘n teelepel vol chutney. Ek sal enige t-bone verruil vir so ‘n broodjie en sommer twee biere ook ingooi in die deal!!

    O ja, om my broodjies uit te ken maak vroulief hulle vas met ‘n ander kleur gare as die ander mense s’n.

  4. Worsbeursie July 20th, 2009 8:36 am

    KnopKop, ek is so bly ek is nie die enigste ou wat so voel oor braaibroodjies nie. Ek sal self my t-bone ruil vir een, maar mense sal dink jy is mal om vuur te maak net vir die broodjies. Ek gaan die chutney ding probeer.

    Nog ‘n lekker ding vir die vleis is om hulle oornag in ‘n mengsel van half soya-sous en half Worcestesous, met knoffel te laat lê. Dit klink te eenvoudig om lekker te wees, maar probeer hom eenkeer. Hy kom baie naby aan die regte steakhouse restaurante se sous, en hy neuk nie met die vleis se smaak nie, hy is net regtig lekker.

  5. Leon-Ben July 21st, 2009 3:37 pm

    Ek bieg: ek is ‘n fan van kaas en appelkooskonfyt-broodjies. Slinger maar digitale klippe in my rigting. Eend. Rug. Water. Maar ek hoor jou oor daai man met die feta. Mense moet darem wragtag net leer om meer bedagsaam te wees.

Wat is jou gedagtes?