Dealbreakers?

Kom ons gestel jy wil vir jou ‘n tweedehandse kar koop. Kom ons gestel ook dat jou verkoopsman die enigste eerlike tweedehandse kar verkoper is, en dat hy so saam met jou om die kar stap en al die foute uitwys. Op watter punt besluit jy “Nee bliksem, dit is darem te erg!”? Ruitveërs is maklik om te vervang, gladde bande maak die ‘deal’ minder aanloklik, maar iets soos “Die brieke werk net as jy die pedaal pomp terwyl jy die handrem op het en die hoofligte flits”, is mos ‘n stappie te vêr.Sou jy dieselfde met ‘n voornemende lewensmaat kon doen?

Ek wens mense het so bietjie langer gedink voor hulle ‘n verhouding met ‘n ander mens aanknoop. Ek praat nou nie van psigometriese toetse en ‘n kriminele rekord navraag nie. Hier praat ek sommer van die selfde sorg waarmee jy ‘n kar koop. Daar is gereeld mense in my lewe wat onmoontlike dinge probeer met verhoudings. Hy is ‘n konserwatiewe NG Christen en sy gunsteling en byna enigste tydverdryf is om groot beesfilette op die braai te gooi. Sy is ‘n deeltydse prostituut en voltydse Reiki “praktisyn” en ook ‘n streng vegetariër. Hoekom is hulle vriende en familie die enigstes wat kan sien HIER KOM KAK?

Daar is natuurlik “versagtende omstandighede”, en ek wil graag die wat ek tot dusver kon identifiseer noem:

  1. Die verkeerde koppie doen die dinkwerk. Dit gebeur maklik. Daar is geen brein wat tik onder die klein bloupers helmpie nie, maar hy is net SO BLIKSEMS VASBESLOTE! As jy net op ‘n plek kan kom waar jy besef die kleinman dink namens jou is jy goed op pad na herstel. Die groot fokop kom in waar jy deurmekaar raak en ‘ware liefde’, en ‘sielsgenoot’ begin dink omdat die klein koppie jou regte kop van noodsaaklike suurstof beroof.
  2. Skuldgevoelens. Gewoonlik omdat die klein koppie soveel noodsaaklike bloed en suurstof uit jou brein uit getrek het dat jy vir die eerste week van jou verhouding in ‘n koma was, en toe jy wakker word is julle saam ingetrek in ‘n huis wat julle saam gekoop het. Nou voel jy heeltemal te skuldig om net te hardloop, al is sy eintlik lesbies en glo nie in bad nie.
  3. Te veel romantiese komedies in jou dvd rak. Dit gebeur net in flieks waar sy dronk oor jou gunsteling hond ry en dan in die kruik opgooi waarin jy jou oorlede ma se as bêre, maar dan trou julle na ‘n grappige en musiek gevulde 6 maande. In die regte lewe is sy voortaan bekend as “beskuldigde nommer een” en die enigste rede om voor ‘n landdros te verskyn is om die fokken heks se vonnis te hoor.
  4. Jy glo in sprokies of die noodlot of iets. Vir een of ander rede weier jy om te glo dat die bitch op jou pad gestuur is om jou te straf vir die fokker wat jy is, of sommer net omdat jy, soos in punt nommer een, nie fisies in staat was tot gedagtes nie. Jy wil nie glo dat jy so gou moontlik oor hierdie duur lewensles moet kom en iemand gaan soek wat regtig lief is vir jou nie – iemand waarmee jy vir 20 minute kan gesels sonder om ‘n argument te begin. Jy glo alles is “meant to be” so jy vat jou pyne daagliks, maar altyd met die hoop dat sy more sal besef hoe perfek julle eintlik is vir mekaar, en dalk ‘n happie van jou gebraaide fillet sal vat.

Ek het nie ‘n enkele oplossing nie. Jy kan ook nie voor die tyd vir jou vaste reëls neerlê nie, want sekere meisies is so spesiaal, dat jy verby die vlekkies op die kriminele rekord kan kyk, of dalk bereid is om te eksperimenteer met rubber toebehore vir die slaapkamer – al is dit hoe seer.

Be Sociable, Share!

Geen.

You can leave a response, or trackback from your own site.

2 Responses to “Dealbreakers?”

  1. Doosdief DRIES says:

    Bliksem, ek het lanklaas so lekker gelag!! Ja-nee, dit bring nogal herinneringe terug van mens se jong dae toe Kleinkoppie jou rigting in die lewe bepaal het. Party is goeie herinneringe, maar daar is ook ‘n paar nagmerries tussen in.
    Die eintlike fokop kom in as Kleinkoppie en drank saamspan. Dis ‘n fokop van onmeetbare proporsies, glo my!!

  2. Pielneef Pielneef says:

    Wors jy’t een uitgelaat: Dis al wat ek kan kry! A bush in the hand is worth two on the dance floor…

    Ek’t jou ook gemis Dries.

Leave a Reply

*

Subscribe to RSS Feed