Apr 28
Demokrasie, Waddefok!?
Jong, ek weet ek sommer ek gaan gerooster word vir wat ek nou wil vra.
Is demokrasie regtig die beste manier om dinge te doen? “Natuurlik!” Antwoord jy dadelik, want jy is een van die massa ge-breinspoelde skape. Jy kan nou maar jou rekenaar afsit en êrens gaan sit en doodgaan waar jy nie in die pad is nie. Die res van julle kan nou verder lees.
Ek sal jou sê hoekom ek vra. Jy sien, in ‘n demokrasie is die mees populêre idee die een wat ons gaan gebruik. Dit is afgelei van die Griekse woorde vir ‘die mense regeer’. Demokrasie maak die veronderstelling (wat die moeder van alle fokops is) dat as die meeste mense ‘n idee laaik dan moet hy goed wees.
As ons daai idee verder volg, dan moet ons almal “Lekker gatstamp sokkie treffers vir Saterdag aand rugby braaie vol XII” luister, want dit is dan die top verkoper, en as die meeste mense dit laaik dan moet dit blerrie goed wees.
Dit is so duidelik nie die geval nie. Daai goed is ‘n hoop stomende stront.
Die oorgrote meerderheid dink ‘n ou wat ‘n anti-AIDS stort vat en meer in die hof as in sy huis is, is ‘n lekker ou en sal ‘n great president wees. En volgens die demokratiese stelsel is hy dan die beste kandidaat.
Sien julle dan nou die rigting wat ek probeer inslaan?
Dan is daar die enkele moerse goeie idees wat deur omtrent almal ondersteun word, soos die doodstraf, wat dan nie geïmplementeer word nie want die regering vee in elk geval hulle gatte af aan die kiesers.
Weet julle hoekom? Want 87% van die wêreld se bevolking vind dit moeilik om kougom te kou en te stap op dieselfde tyd. Vir hulle is asem haal iets om op te konsentreer (in….uit…..in…..uit…..in….). Ja, hulle is morone.
Barack Obama gaan hierdie week vir mense wys wat ‘n wonderlike plat op die aarde ou hy is. Of hy is of nie, is nie regtig die kwessie nie. Of hy die morone dit kan maak glo is eintlik die kwessie. Niks maak regtig saak nie, solank die meeste mense van die idee hou.
Ek het nie ‘n alternatief nie. Die ander sisteme is ook maar kakkerig. Ten minste slek demokrasie die regering af en maak hom minder doeltreffend. Ek sal eerder ‘n opgeleide sjimpansee agter die stuur van ‘n trapkar hê as agter die stuur van ‘n Formule een renmotor.
So demokrasie is duidelik ‘n kak idee, maar as soveel mense dink dit is ‘n briljante plan dan kan dit seker nie heeltemal kak wees nie.
4 comments4 Comments so far
Wat is jou gedagtes?

Die groot probleem met demokrasie is dat die wereld vir so lank net n keuse gehad het tussen dit, of die kommunistisie stelsel. Niemand het demokrasie bevraagteken, of as jy dit wel gedoen het was jy met die rooi kwas geverf en as kommunis afgeskryf. Albei sisteme het hulle goeie punte en kan werk, maar hulle doeltreffendheid is, snaaks genoeg, maar afhangend van die tipe leiers wat die sisteem handhaaf.
Vraag: As n groep mense demokraties besluit om n ayatollah as leier te kies, en onder n streng geloofsorde voort te gaan, en sodoende meeste van hulle regte af te staan, is dit nog demokrasie?
Plato het n redelike goeie idee gehad: Meritokrasie. Dis dalk ‘n te ingewikkelde sisteem vir die mensdom, want dit behels die idee dat jy basies maar net die regte ou kies vir die regte werk. n President word gekies uit mense wat n geskiedenis het in grootbestuur. Jy kyk na CV’s en kies maar die beste kandidaat soos wat jy by n maatskappy sou doen. Is n land en die bestuur daarvan nie eintlik maar dieselfde as n groot maatskappy?
Soos jy se Beursie, mense is maar soos skape, hoe anders kan jy verduidelik dat sokker so gewild is?
Mark Twain het gese: “In religion and politics people’s beliefs and convictions are in almost every case gotten at second-hand, and without examination.”
Demokrasie is iets anners regtag ek weet nie veel daarvan nie maar dit is snaaks. Ek doen ‘n taak van wat die rol van die media in ‘n demokratiese gemeenskap is en dit moet die onderwerpe dek: Vryheid van ontwikkeling, Sensorskap en toegang tot inligting. Ek het nie ‘n idee wat om te sê nie so as iemand my dalk kan help sal ek dit waardeur ek het dit so gou as moontlik noodag. Ek doen nou matriek en dit is net te veel politiek. Ek is nie iemand wat hou van politiek nie so help asb. Um julle kan my e-mail by nataly.gibbons(at)gmail.com as julle dalk vir my antwoord het. Baie dankie!
Groete
Nataly
Man, Nataly, sterkte met die een. Ek kan nie regtig help nie behalwe om te sê Demos (mense) en Kratos (regeer) uit Grieks, is eintlik waaroor demokrasie gaan. Vir die mense om te ‘regeer’MOET hulle toegang hê tot publieke rekords soos die begroting byvoorbeeld. Dit is die media se plig om mense ingelig te hou oor sake wat hulle affekteer, sodat hulle, wanneer hulle gaan stem, stem vir die persoon wat dinge doen soos hulle dit wil hê. Sensorskap kan hierdie hele proses in die wiele ry, veral as die regering direk betrokke is by die proses. Daarom is dit belangrik dat die liggaam wat wet en orde toepas, geskei moet wees van die regering. Anders kan die ANC byvoorbeeld enige negatiewe stories oor hulself keer, of selfs joernaliste wat hulle negatief gesind is vervolg, soos in Zimbabwe gebeur het.
Iets anders wat interessant is, is dat die vryheid van spraak nooit absoluut is nie. Jy mag byvoorbeeld nie staatsgeheime bekend maak of stellings maak wat rassehaat bevorder nie. Jou reg op vryheid van spraak is minder belangrik as ander mense se reg op lewe, en hulle reg om nie teen gediskrimineer te word nie.
Sterkte met die taak.
Ek vind die komentaar uiters snaaks, maar dit is wel belangrik om te onthou dat ‘n opinie bly ‘n opinie. Om demokrasie effektief te laat geskied moet die mense van die land almal eers saam kan staan en besluit wat werklik demokraties is?
Indien die meerderheid mense “demokrasie” verkies as hul gekose bestel, wat gebeur dan van die minderheid wat ‘n ander bestel verkies? dus is my vraag wat is die ware betekenis van die moderne vorm van demokrasie my mede Suid-Afikaners? Ons moet onthou dat Suid-Afrika se toekoms is wat ons “haar” burgers daarvan maak, dus moet ons ophou komentaar lewer en werklik n donerse vreskil maak ongeag van ras en kultuur!