Ek dink ek word oud. Ek is ‘n groot Led Zeppelin ou, selfs die nuwer harde goed is oraait, maar het jy al ooit van Anal Blast gehoor? Nee man, kak, dit is nie ek wat oud word nie, die ouens is net plein faktap.
Dit is los hande die simpelste bliksems wat ek in my lewe nog gesien het. As jy my nie glo nie, kyk bietjie hier.
Kan jy vir Niekie van den Berg van RSG hoor sê: “En dan het ons nou net geluister na Anal Blast se ‘Cunt to the throat’ van hulle nuwe album ‘Vaginal Vempyre’, daai enetjie was vir Tannie Baps van ‘Amperdaar’ tehuis in Pofadder van al die Griesels en hulle sê ‘baie geluk met ouma se 92ste verjaardag’” Ek weet Fonnie doen die verjaarsdag wense maar miskien moet jy eerder ‘n dokumentêre blog uitsoek as dit jou pla.
Ek het so half geglo hulle probeer snaaks wees maar hulle het darem al baie moeite gedoen vir so kak grap. Op die tuisblad sê hulle wel “Have some Humor”, so ek mag dalk net die hele ding verkeerd verstaan.
Relevante Stukkies:



Wors….ek moet darem byvoeg dat jou Anal Blast t-shirt wat jy gekoop het se design is glad nie sleg nie al is hulle musiek so deur die kak
Ja, jy weet natuurlik ek het hom net gekoop om my mede-pastore by New Life Gospel Good News Ministries af te pis?