Oct 14

Die hoof oorsaak van rassisme in Suid Afrika, ek het dit!

Patrick Mokoena, \'n akteur nie \'n regte taxi drywer nie*

Die gemiddelde wit kantoorwerker se interaksie met swart mense is baie beperk. Daar is gewoonlik net ‘n Portia en ‘n Zinzi en miskien Martha die ‘tea lady’. En meeste wit mense hou van die swart mense saam met wie hulle werk. Behalwe natuurlik as dit regtig ‘n rimpelkring is, maar die kanse is goed dat daar meer wit rimpelkringe is as swart. So rassisme in die werk plek is dalk daar, maar ek vermoed dit is baie min.

Dit is juis hierdie beperkte blootstelling tot swart mense wat die probleem is. Want die vyf swart mense by die werk kompeteer met maklik tien of twintig van die mees onverantwoordelike, gevaarlike en kriminele skuim wat dryf op die menslike paddadam. Ja, jy’t reg geraai, fokken TAXI DRYWERS. Dit is hoekom so baie wit rassiste goed sê soos “Ek kan nie swart mense verdra nie, Zinzi en Portia by die werk is great, en selfs Martha die ‘tea lady’ is dierbaar, maar ander swart mense!” Dit is omdat die ‘ander swart mense’ almal gewetenlose taxi besturende fokkers is.

Almal sê altyd, “Dit is goed en wel om te kla, maar kan jy aan ‘n oplossing dink?”.

Ja, ja ek kan.

Een baie ongewilde woord wat hierdie keer ‘n werklike omkeer in rasseverhoudings kan bewerkstellig. Regstellende aksie.

Ja, regstellende aksie. Die regering moet ‘n program in werking stel waar minstens 30% van taxi drywers teen 2010 wit mans is. 60% sou nog beter gewees het maar ek dink 30% sal dit doen.

As jy al ooit (en ek is al ‘n paar keer) amper in jou moer in gery was deur ‘n tou trok drywer met ‘n mullet en sigaret in sy tande, as hy aan die verkeerde kant van die pad ry (nie verkeerde kant van ‘n soliede wit lyn nie, sommer ‘n eiland), sal jy besef dat wit ouens heeltemal kak en gevaarlik genoeg bestuur om die haat van swart mense af te lei, na taxi drywers in die algemeen. Dit is waar die haat eintlik hoort.

Hierdie is maar ‘n nietige blog met so paar besoekers ‘n dag, wat boonop in Afrikaans geskryf is, so ek weet die kanse is min dat iemand in die regering hom sal raak lees. Maar as iemand hom raak lees, en besef hoe voor die hand liggend en briljant hierdie plan is, sal hulle hom implementeer. Dan moet jy onthou, jy het dit eerste gelees op www.snaaksgenoeg.co.za.

*Patrick Mokoena, ‘n akteur, nie ‘n regte taxi drywer nie, hy is doodgeskiet in ‘n kroeg.

Vertel vir jou tjomme:
  • Digg
  • Sphinn
  • del.icio.us
  • Facebook
  • Google Bookmarks
  • Propeller
  • Reddit
  • Slashdot
  • Technorati
  • StumbleUpon
  • laaik.it
  • muti
  • Yahoo! Buzz
  • email
  • FriendFeed
  • Yahoo! Bookmarks
5 comments

5 Comments so far

  1. zen October 14th, 2008 10:21 am

    Amper so briljant soos die tyre formule (Khutsong se protests)! Wragtig, dis jou patriotiese plig om die plan met die massas te deel! E-mail JZ; as hy met Steve kan kak praat kan hy seker 5 minute afknyp vir jou life changing rainbow nation idee?

  2. Worsbeursie October 14th, 2008 11:41 am

    Ek weet nie of JZ sal luister nie, hy sal dit hoor, maar sal hy LUISTER?
    Ek het lank gewonder oor wat Zen is en of Zen dalk regtig niks is nie.
    Nou het my oë oopgemaak, Zen IS niks nie, Zen is IEMAND.

  3. zen October 16th, 2008 1:56 pm

    IEMAND met ‘n fantastiese haarstyl, let wel.

  4. Befonk February 25th, 2009 2:53 pm

    Nogal nie te kak idee nie.Kan ons net seker maak dat al die voornemende wit taxi bestuurders op n spesiale kursus gaan om te leer om onbeskof te ry,want ek is gedonner deur my pa om ordentlik te ry toe ek leer bestuur het.Sien K(kak ry)53 toetse het nog nie bestaan in daai dae nie

  5. *pixie* May 1st, 2010 12:44 pm

    vrek oulike idee… kan dit nogal sien werk

Wat is jou gedagtes?