Aug 29
Die Kerk moet jammer sê vir gay musiek onderwyser.
Die NG Kerk het mos so ruk terug ‘n gay musiek onnie/orrelis in die pad gesteek (ge-fire nie ge-jy-weet-wat nie). Nou moet hulle hom skadevergoeding betaal en onvoorwaardelik jammer sê.
Die Kerk het nou al lank ‘n probleem met homoseksualiteit. Sommige mense kan heel obsessief oor die hele ding raak. Ek weet byvoorbeeld dat dit ‘n baie taai onderwerp is by NG Kerk vergaderings.
Dit is snaaks dat soveel tyd en energie aan die onderwerp spandeer word as Jesus, wat heel hoog op in die Kerk is (hoër as diaken byvoorbeeld), nie een keer in die Bybel (wat nogal belangrik is in die Kerk) eers praat oor moffies of selfs transvestiete nie. Twee versies in Leviete (verse 18:22 en 20:13) sê, heel kripties, jy mag nie by ‘n man lê soos by ‘n vrou nie. Ek verstaan dat hulle sekerlik nie grafies wou wees en begin praat het van ‘KY Jelly’ ens. nie, maar twee versies! Terloops, die einste boek van Leviete het ook ‘n groot probleem met tattoo’s, varkvleis, hare sny en skeer (Ek stem saam met tattoo’s). Goeie nuus is dat jy jou dogter as ‘n slaaf mag verkoop solank dit in jou eie stam is.
Nou wonder ek, moffies word nie eers amper genoem in die 10 gebooie nie, maar werk op die Sabbat, word beslis genoem. Ek wonder net hoekom daai gewetenlose, goddelose skuim wat op ‘n Sondag, na Kerk, in stap by Spar om brood en melk te koop en sodoende die ander gewetenlose, goddelose skuim wat werk op ‘n Sondag ondersteun, steeds toegelaat word om hulle gesig sonder skaamte by die Kerk te wys.
Nee wat, ek dink ons moet weer begin om mense te stenig (Snaaksgenoeg ook heeltemal oraait in Leviete), dit sal die bliksems reg ruk.
No commentsGeen gedagtes
Wat is jou gedagtes?
