Die konneksie tussen griep en aardverwarming

global_warming

Ek staan nou die dag en urineer by een van daai porselein lelies in ‘n publieke toilet, en sien toe een van daai advertensies wat hulle oral opsit in die kleties. Ek hou eintlik van die advertensies, want vir een of ander rede voel die advertensie agentskappe hulle moet meer grappig, oorspronklik en so bietjie gewaagd wees omdat dit in toilette is of iets.

In elk geval, die advertensie is toe ‘n histeriese waarskuwing teen ‘n dodelike siekte wat enigiemand kan kry. Duisende mense sterf daagliks daarvan en jy beter nou iets daaraan doen anders maak jy dit dalk nie uit die toilette uit nie. En die siekte is GRIEP!!

Dit is iets wat my nou al lank verskriklik pla, dat mense paniek saai net om hulle produk te verkoop.

Anti-Bacterial seep is nog ‘n groot een. Die advertensies het dramatiese musiek en weerlig as die ma aan haar kind vat met ‘besmette’ hande. “BEL DIE KINDERBESKERMINGS EENHEID!! Daai nalatige bitch het nou net haar kind se LEWE in gevaar gestel want sy het aan hom GEVAT nadat sy SKOTTELGOED GEWAS het!”

My hoogs ingeligte en beskeie opinie is: “Aaag kak man!”, ek het deur dosyne griepe en verkoues geleef. As my hande vuil is , dan was ek hulle, met seep. Ek kan nie eers onthou wanneer laas ek eers ligte gietergat gehad het nie. Daar is wel ‘n paar wetenskaplikes, wat natuurlik nie gehoor word in die histeriese gegil nie, wat glo dat ons Super Kieme kweek deur net die hardegatste, blou-bebaarde kieme te laat oorleef deur al hulle kompetiese uit te vat met die anti-bakteriële sepe wat ons gebruik.

Die groot ontsteltenis is dat ek nou so skepties is oor enige nuwe histeriese kwessie waaruit iemand kan geld maak, dat ek nou al begin wonder of aardverwarming nie ook ‘n groot klomp kak is nie. Elke battery vervaardiger en sonverhitting verkoper maak die pap so bietjie dikker aan, nie omdat hulle ‘n dooie donder omgee vir die planeet nie, maar omdat hulle dalk so ietsie kan verkoop aan paniekerige, skuldbelaaide verbruikers.

Die bliksems.

Vertel vir jou tjomme:
  • Digg
  • Sphinn
  • del.icio.us
  • Facebook
  • Google Bookmarks
  • Propeller
  • Reddit
  • Slashdot
  • Technorati
  • StumbleUpon
  • laaik.it
  • muti
  • Yahoo! Buzz
  • email
  • FriendFeed
  • Yahoo! Bookmarks

Geen.

You can leave a response, or trackback from your own site.

4 Responses to “Die konneksie tussen griep en aardverwarming”

  1. Bul says:

    Man, dit was kak snaaks, daar het jy nou my dag gemaak!

  2. Worsbeursie says:

    Moerse plesier Bul, dit is die idee.

  3. lmga ek moet n taak doen oor aardverwarming en kom toe op dit af dis goed lol my darm laat lag en het weer krag vir taak.

  4. Worsbeursie says:

    Ek’s bly jy’t hom geniet! Sterkte met die taak. Dit behoort nie te moeilik te wees om iets te kry nie.

Leave a Reply