As jy hierdie penis sien rondry in die Randpark Rif, Wilgeheuwel omgewing – gil so hard as wat jy kan “PIEL!”.
Hy het vanoggend verby by gejaag teen minstens 100km/h, in ‘n bliksemse besige, residensiële gebied, waar kinders skool toe stap, honde rondloop en mekaar spyker, en pensionarisse rond ploeter in hulle Camry’s met die linker flikker aan.
Hy het net ‘n aanloop van so 50m gehad, so as hierdie tril ‘n paar honderd meter se oop pad kry, wie weet hoe vinnig hy sal kan jaag?
Miskien lees jy of een van jou vriende Snaaksgenoeg, maar hierdie is vir jou: Jy GAAN iemand raak ry pielneus. Dit is net ‘n kwessie van wanneer. En ek hoop dit is iemand in ‘n 3.5 ton Land Cruiser en dat jou ‘side impact bars’ en lugsakke jou nie kan help nie, maar kanse is goed dit gaan ‘n jong onervare student in ‘n Uno wees. Ek het al dosyne van julle gesien, hande in die hare, langs jou faktap kar, terwyl die noodpersoneel jou slagoffer in die ambulans sit. Julle name is altyd Bradley, Kyle of Shane, en jou tranerige mammie is altyd eerste by die tronk sel met die prokureur. Dan help die hele wêreld se “She just drove out right in front of me!” net mooi fokol.
Ek wou net sê hoe groot piel jy is. Ek hoop jy het my gehoor vanoggend bo die geraas van jou enjin. “PIEL!”
Relevante Stukkies:



Ja, en jare later, as hy nou eers n bietjie meer volwasse is, dan verruil hy die kar vir n trapfiets. Hy trek soos n doos aan en ry elke naweek met sy pêlle twee of drie langs mekaar en fok ons strate eers op. Dan bid ons dat n Bradley teen 160km om die draai kom en hulle verpletter.
Ha ha ha! Ek sien die haat vir fietsryers loop nogal diep in baie mense. As jy op die fietsry forum http://www.thehubsa.co.za gaan inloer is daar selfs fietsryers wat fietsryers haat.