Die prys van geheue

computer-keyboard-funny

Ek is gister in een van hierdie rekenaar winkeltjies in op soek na Micro SD vir my nuwe foon. Ek sien toe agter die toonbank hang daar so paar maar teen buitensporige pryse. Ek vra toe vir ‘n ou agter ‘n rekenaar, “Hoor hier, die pryse van julle Micro SD is bietjie rof? Is dit al wat julle het?” Ek wou sê “Julle pryse is bliksems belaglik, rook julle julle sokkies?” of “Word julle hier gevange gehou en julle het 5 jaar laas kontak met die buitewêreld gehad?”

Die ou, wat redelik gay is, antwoord toe so bietjie ‘huffy’ “Wat bedoel jy rof?”, waarop ek toe antwoord “Ek kan dan 2 gig Micro SD kry vir R149, julle s’n is R299″ (Net om te wys ek jok nie). Waarop hy antwoord “Watter maak is dit?”. Ek sê toe die spesifieke een se maak is Lexar, waarop hy sy gesig so optrek asof hy ‘n dooie kat in ‘n Baghdad rioolpyp ruik, en sê “Lexar? Wel dit is seker dan hoekom dit so goedkoop is”. (Net om te wys hoe deur die kak hy is).

Die klein plekkies se pryse is gewoonlik goed, rekenaarwinkels het ‘n baie klein winsgrens. Dit pla my dat hierdie werknemer nie my ‘heads-up’ kop toe gevat het nie, en dat dit net regtig onnosele ouens is wat by hom Micro SD gaan koop. Hy het nie eers probeer afslag gee nie, hy het nie eers gewonder of hulle dalk deur hulle verskaffer deur die ore gewerk is nie, hy het my net laat voel soos ‘n kommin kansvatter. Sies.

Geen.

You can leave a response, or trackback from your own site.

Leave a Reply

*

Subscribe to RSS Feed