Jul 11
Die rugby TMO en hoe om hom te misbruik
In die Blou Bulle, Sharks game het die TV ref 30 minute geneem om ‘n verskeidenheid onnodige beslissings te maak. Nou’s almal kwaad vir die TV ref, of vir die skeidsregter.
Ek vermoed die spelers het agter gekom dat Fortuin enige stront na die TMO verwys en begin om kak op te maak sodat hulle so bietjie kan asem skep. “Haai ref, daai Albert van den Berg het in die lynstaan vir my sy voël gewys en gesê ‘Jy is volgende pellie’, met so gemene kyk in sy oë, kan jy nie gou check met die tv ref nie?”.
Hulle het altesaam 30 minute se ekstra rustyd by gekry! Moenie vir my sê rugby spelers is dom nie hoor. Hulle het gou agtergekom dat Fortuin vir die TMO sal vra of hy sy sokkies mag optrek as hy kon, en ordentlik misbruik gemaak van die situasie.
No commentsGeen gedagtes
Wat is jou gedagtes?
