Die SABC vuur.

Was julle so min ontsteld oor die vuur by die SABC se sepies soos wat ek was?

In teendeel, as die SABC heeltemal van die lug af verdwyn het vir ‘n week, sou jy agtergekom het? Ek oordryf nie as ek sê dat ek maklik ‘n maand laas my TV ingeskakel het op SABC nie. Dit was nie eers ek wat hom ingestel het nie, my vrou wou haar vervlakste Noot vir Noot kyk.

Wat dit minder snaaks maak is dat ek my TV lisensie betaal! Ek is nie ‘n ryk man nie, en die R500 plus DSTV rekening elke maand word nie sonder ‘n sug betaal nie, maar sonder die ou skotteltjie sou daar darem werklik net mooi fokol gewees het om te kyk nie. Selfs met die 50 plus kanale is daar ontstellend gereeld ook net mooi fokol om te kyk nie. Jy kan kyk hoe die Mythbusters die 20ste keer vir arme Buster opblaas met onkruiddoder of een of ander oorgedramatiseerde kookprogram kyk – dit is ‘n fokken pannekoek Gordon Ramsay – moenie ‘n aar bars nie jou poephol.

So groot poephol soos Gordon Ramsay is, ek kyk eerder hoe hy die blou rook uit ‘n wortelkoek uit vloek as wat ek kyk hoe iemand sy tekkie opsaag met ‘n Ginsu mes of ‘n sepie in Tswana waar die toordokter die week visioene van sy voorvaders het.

G’n wonder ek het al drie kinders nie, gee my iets beter om te doen na 20h00 op ‘n weeksaand!?

 

Be Sociable, Share!
You can leave a response, or trackback from your own site.

4 Responses to “Die SABC vuur.”

  1. Doosdief Dries says:

    Ja-nee, vir my part kan die hele South African Bullshitting Corporation afbrand. Ek sal nou wragtig nie ‘n traan daaroor pik nie!!

    My duime het ook al eelte van al die remote knoppies druk. Ek kan my so stilletjies toeskuit as daar net mooi fokol is om te kyk nie…..veral naweke. Dankie tog vir die sportkanale, maar dan trap Ma weer haar onderlip vas en kry jy in elk geval niks na 20h00 nie!!!

    Ek moet sê ek geniet Ramsey se programme terdeë, veral Hells Kitchen!! Ek wonder wat sou ons deelnemers aan Masterchef gedoen het as iemand die wit waks so uit hulle moes vloek??

  2. Pielneef Pielneef says:

    SABC is nie so sleg nie: Soms as ek n nuwe skildery se verf dop hou terwyl dit droog word, sal ek terwyl ek n koffie breek vang, n bietjie SABC geniet; net so dat ek die opwindenheid van verf wat droog word weer kan waardeur.

  3. Worsbeursie Worsbeursie says:

    Bedoel jy die comments Dries? Het jy al die skakeltjie probeer klik reg onder die titel van die post? Ek sal vir Trilwillem vra of hy ‘n idee het ook.

  4. Doosdief Dries says:

    Hel Pielneef, dis goed om te sien jy’s nog in die land van die lewendes!!

Leave a Reply

*

Subscribe to RSS Feed