Hier is vir jou ‘n vreemde storie. Die Koreaanse ou het homself vol petrol gegooi en gedreig om homself aan die brand te steek. Dit was soos gewoonlik oor ‘n meisie. Die nuwe boyfriend gooi toe vir hom ‘n lighter en sê “Go for it” (maar natuurlik in Koreaans want hy sou nie “Go for it” verstaan het nie en dit sou dalk die hele situasie ontlont het)
Ek neem aan, en dit is wat hy ook sê, dat hy nie gedink het die ou gaan dit doen nie.
Nou, soos ek dit sien, is daar tye wat jy ‘n ou se bluf toets, en kere wat jy dit maar los. Ek dink die was ‘n uitstekende voorbeeld van wanner jy dit maar los.
Die ou het homself klaar vol petrol gegooi, met die huidige petrol prys sou ek dink hy is of skatryk, of moerse ernstig. Dit is toe die tweede een want hy is toe dood aan sy brandwonde.
Geen.


