Sep 30
Dokter, as ek op ‘n turksvy sit, kry my hol seer!
Ek is nou die dag vir die eerste keer op ‘n sekere webtuiste vol ernstig depressiewe perde wat aangaan oor hoe kak Suid Afrika is. Hulle kap ‘n rowwe rassistiese depro. Dit is net snot en trane, woede, en algemene kou-my-polse-want-ek-fokken-haat-dit-hier waaibs.
Ek weet baie mense vra dit altyd, maar as jy regtig nie hou van waar jy is nie, is jy dit mos aan jou self verskuldig om jou goed te pak en te loop? Dit is oraait om te kla oor iets, maar as jy op die hoë vlak van afgepistheid kom wat hierdie kêrels bereik het, moet jy plan maak.
Die website is dalk so bietjie van ‘n troos en ‘n uitlaat vir hulle negatiewe gevoelens, maar dit gaan net mooi fokol help nie. Al wat sal help is om op te staan van die turksvy af, al is dit jou turksvy, en jy is geregtig om op hom te sit, en die grondwet beskerm jou reg op op hom te sit, en jou oupa het op hom gesit ensovoorts ensovoorts.
Ek het aspris nie die website se adressie opgesit nie, ek wil nie nog ‘hits’ genereer vir daai ouens nie. Ek is ook versigtig want daai ouens klink of hulle jou sal probeer opspoor en vet bliksem omdat jy ‘n ‘inverted coconut’ (hulle woorde) is.
2 comments2 Comments so far
Wat is jou gedagtes?

Worst is, as jy durf positief dink, dan maak hierdie tipe mense asof daar iets met jou fout is. Ek verstaan dit nie.
Jip, dit is die ding wat hulle die heel meeste afpis. Miskien is dit omdat, as jy dit regkry om positief te wees, hulle soos die sissie kla-gatte lyk, soos die enigste outjie wat huil vir die ses houe.
Daar is baie fout met Suid Afrika, maar dit help niks om so aan en aan te gaan nie.