Jul 28
Doodstraf? Snaaksgenoeg nie.
As ek ‘n G6 selfaangedrewe kanon by die weermag sou steel en ‘n hele weeshuis se kinders ontvoer, vasmaak aan die G6 as gyselaars en die parlement gebou aanval in ‘n tipe van ‘n een man staatsgreep, sou ek skuldig wees aan gewapende roof/diefstal, hoogverraad, ontvoering, moord, beskadiging van staatseiendom, en die bestuur van ‘n swaar voertuig sonder die nodige lisensie.
Die hof sou later beslis dat my dade voorbedag was en van so ‘n onmenslike en wrede aard dat ek geen genade kan verwag nie. Ek sou egter nie die doodstraf kry nie. Die staat ag my lewe as gewetenlose fokker so kosbaar dat dit nie van my ontneem mag word nie.
Snaaksgenoeg, as ek ‘n fetus jonger as 12 weke is, wie se enigste misdaad was dat ek my ma naar gemaak het en my pa se sekslewe in die wiele gery het, het ek geen reg op lewe nie. In teendeel, die staat sal my ma help om van my ontslae te raak.
1 comment1 Comment so far
Wat is jou gedagtes?

Well daarmee moet ek saam stem!
Wie gee hul die reg om ‘n fetus (baba) se lewe te vat?
maak my sommer dedonner in!
hy het ni gevra om daar te wees nie, !